Maar die vrug van die Gees is ..lankmoedigheid, sagmoedigheid.

HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;

Om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra – Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. – Die liefde is lankmoedig en vriendelik.

Want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. – Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.

Exo. 34:6.Eph. 4:1,2. -Eph. 4:32. -Jas. 3:17. -I Cor. 13:4.Gal. 6:9. -Jas. 5:7,8.

Leave a comment