Ek het dit agter my gesit; of het ek?

toortsie.com

Ons gaan deur erge dinge. Diep dinge. Seermaak dinge. Oor tyd genees dit, of raak ons gewoond daaraan, groei ons daaroor.

Ons leer verdedigingsmeganisms aan. Die manier wat ons mense sien en behandel, word daardeur beïnvloed. Dit beïnvloed selfs ons persoonlikheid sonder dat ons dit besef.

Wanneer ons baie jare later dalk daaroor gekonfronteer word, maak ons dit af, praat ons dit weg: ‘Dit het lank terug gebeur; ek het dit verwerk. Ek praat nie daaroor nie. ”

En dan, as ons mooi daaroor dink, as ons regtig eerlik is daaroor, besef ons dat ons dit eintlik níé verwerk het nie, dat ons dit net so diep weggesteek het in ‘n laai dat ons dínk ons het dit verwerk. Ter wille van oorlewing, want tyd genees mos alle wonde.

Die probleem is, dat as iets nie regtig verwerk is nie, ons dit áltyd met ons saamdra, dat die pyn daarvan…

View original post 279 more words

Leave a comment