‘n Christen tree mos nie so op nie!

toortsie.com

Ons sal tog so maklik, as iemand nie optree soos ons dink hy behoort op te tree nie, eksepsie neem. Soms sal ons selfs sê, ‘Hy sê hy’s ‘n Christen, maar kyk hoe tree hy op.’

Ds Stan het net mooi Sondag hieroor gepreek, dat ons moet onthou dat ons almal mos maar probeer om vir Jesus ná te streef, en al is ons al so goed soos 60% soos Jesus, daar dan steeds 40% oor is wat nie soos Jesus is nie. Dit bring mee dat ons almal foute maak en soms optree soos wat ‘n Christen dalk nie veronderstel is om te doen nie.

Persoonlik dink ek dat baie van hierdie opmerkings, dat ‘n persoon sê hy is ‘n Christen, maar kyk wat maak hy, gebore word uit persoonlikheidsverskille. Ek wil glo dat ‘n persoon dalk uit die goedheid van sy hart opgetree het, maar ‘n ander persoon…

View original post 319 more words

3 thoughts on “‘n Christen tree mos nie so op nie!

  1. Ons vergeet vinnig hoe Jesus opgetree het, hoe Hy Petrus en ook Joodse tempelgangers vervloek het, ook so ‘n vyeboom verdroog, mense met ‘n sweep die tempel uitgefoeter….doen dit vandag en jy sal hel op aarde beleef as Twitter eers met jou klaar is.

    Paulus? Ditto.

    Het ons nie bloot te veel rooskleurige idees oor ware Christenskap nie?

    Liked by 1 person

    • Ware Christenskap kom na vore waar ons staande kan bly onder uiterse beproewing….daardie tyd is naby. Selfs diegene wat saam met Christus op aarde sal bly in die 1,000 jaar tydperk gaan wegdraai en die vyand se leuens sluk. Onse HERE is vertroud met die mens se swakhede …ons kan HOM nie fop nie!

      Like

      • Ons is behoorlik getoets en ons baie charismatiese kerk het ons gevra om te gaan omdat ons nie inpas nie omdat “julle te veel geloof het vir ons ” As ek reg onthou, gaan Christenskap juis oor geloof.

        Ons het baie tsunami’s bloots gery, gryp ‘n surfboard. Soms gaan dit regtig rof maar met Sy getroue hulp kom ons bo uit.

        Ek dink juis ons het nie te veel geloof nie, soms lyk dit effe min.

        Like

Leave a comment