Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.
FILIPPENSE 1:6 NLV
Paulus skryf: ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi…’ (vers 6 NLV). Jy sal opmerk dat Jesus gereeld tyd uit sy besige skedule geneem het om te bid. Hy sê ook vir ons hoekom Hy dit gedoen het: ‘…die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so. Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…’ (Johannes 5:19-20 NLV).
Onder die gewig van ons sonde, het Hy aan die kruis uitgeroep: ‘…My God, my God, waarom het U my verlaat?’ (Matteus 27:46 NLV). Sy woorde leer ons drie belangrike dinge:
1) Ons kan God se plan volg en steeds by tye oorweldig en alleen voel.
2) Wanneer God nie antwoord nie, moet ons oefen om op die beloftes wat Hy in sy Woord vir ons gee, te staan.
3) Die pyn wat ons voel, sal uiteindelik in die vreugde wat aan die ander kant daarvan wag, verander.
Hou dus by God se plan; solank as wat jy dit doen, is daar niks wat die Vyand kan doen om jou te vernietig nie. Die Bybel sê: ‘Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie… Dit is die erflating van die dienaars van die Here…‘ (Jesaja 54:17 NLV). Wanneer jy voel of jy nie verder kan gaan nie, doen wat Jesus gedoen het en bid: ‘…Vader, in u hande gee Ek my gees oor!..’ (Lukas 23:46 NLV). Met ander woorde, gee dit alles aan God oor. Vertrou Hom om te doen wat jy nie kan nie en jou deur dit alles tot oorwinning te bring.
RADIO KANSEL