Moenie toelaat dat jou gevoelens jou beheer nie

Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.

SPREUKE 4:23 NLV

Wanneer dit by die alledaagse lewe kom, kan jy volgens die onveranderende beginsels van God se Woord, of volgens jou gevoelens wat konstant verander, lewe. Wanneer jy volgens God se Woord leef, het jy stabiliteit. Wanneer jy volgens jou gevoelens leef, is dit soos ‘n tuimeltrein; een dag is jy op, die volgende dag is jy af.

God wil jou tot by emosionele volwassenheid bring, maar jy moet jou samewerking gee. Dit verg dat jy daagliks kies om dinge op sy manier, eerder as jou eie, te doen. Wanneer dit ‘n gewoonte word, sal jy ontdek dat die lewe baie meer plesierig i s. ‘Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen’ (vers 23 NLV). Dis jou denke wat jou gevoelens produseer, nie andersom nie!

Dis hoekom Paulus skryf: ‘…Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak’ (2 Korintiërs 10:5 NLV). Met ander woorde, as ‘n gedagte nie in lyn met God se Woord is nie, moenie dit ‘n stem gee nie. ‘…ons leef deur te glo en nie deur te sien nie’ (2 Korintiërs 5:7 NLV).

Dit mag dalk as ‘n verrassing kom, maar jy sal nie altyd God se teenwoordigheid as ‘n Christen aanvoel nie. Jesus het na sy opstanding aan twee van sy dissipels op die pad na Emmaus verskyn, maar hulle het Hom nie herken nie. Hoekom nie? Omdat hulle met hulle gevoelens besig was! Hoe het Hy hulle uit hulle negatiewe emosies uitgelig? ‘Hierna het Jesus begin om vanaf Moses en al die profete al die skrifgedeeltes wat oor Hom handel, vir hulle te interpreteer’ (Lukas 24:27 NLV). Jy moet slegs deur God se Woord gelei word.

deur Bob & Debby Gass | die WOORD vir VANDAG

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s