Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie? Niemand nie, Here, sê sy. Toe sê Jesus: Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.
Maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk. Maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei.
Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. (Uit genade is julle gered!) Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee,sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
Joh. 8:10-11; Rom. 5:15,16; Ef. 2:4-7; Rom. 8:32.