Die eie ek

As daar een ding is wat Jesus absoluut haat, dan is dit self regverdiging; daardie ding waar ons dink dat ons beter is iemand anders…

In Jesus se oë is ons almal dieselfde. Ons is almal sondaars wat teen ons skepper gerebelleer het en nou die ewige dood in die hel verdien. Ten spyte van ons oortredinge, het Jesus ons nog steeds lief en dis waarom Hy Homself geoffer het. Hy het die prys vir ons oortredinge in bloed betaal sodat ons nie veroordeel hoe te word nie, maar die Ewige Lewe kan hê. Prys die Naam van Jesus!

Kom ek vertel julle ‘n storie. Daar was ‘n sekere kerk gewees wat ‘n baie klein begin gehad het, maar die HERE was hulle uitermate genadig en die kerk het gegroei deur die genade van die HERE. Meer en meer mense het aangesluit en so het die finansies van die kerk saam met sy ledetal gegroei. Soos die ledetal gegroei het, het die ou kerk gebou te klein begin raak vir die mense. ‘n Nuwe stuk grond is net buite die dorp gekoop en ‘n nuwe groter kerk is op die stuk grond gebou. Dit was ‘n enorme groot gebou; dubbeld die grote van die ou kerk. Net die beste bou materiaal is gebruik en geen koste is gespaar nie.

Soos die nuwe gebou opgegaan het, het iets lelik sy kop begin uitsteek in die gemeente en so het sommige lede van die kerk begin dink dat hulle meer geregverdig is en meer regte het as ander lede van die kerk omdat hulle meer geskenk het vir die bouwerk. Toe die gebou uiteindelik klaar gebou was, het die kerkraad besluit dat hulle geel koper letters gaan laat maak om bo oor die ingang van die kerk op te sit. So is die woorde “Jesus Only” bo oor die ingang van die kerk aangebring.

Daardie aand na die opening van die kerk het ‘n tornado deur die dorp getrek met groot skade, maar met minimum lewens verlies. Die lede van die kerk, het bekommerd geraak oor die kerk gebou wat hulle opgerig het en gewonder wat daarvan oorgebly het, siende dat die dorp soveel skade gelei het. Wonder bo wonder het die gebou staande gebly met die minimum van skade, behalwe vir die geel koper letters wat bokant die deur opgerig was. Daar het nou gestaan “us Only”

Sien julle die gevaar van die eie ek? Dit kom so onskuldig net soos al satan se ander slinkse planne. In die begin dink jy werklik dat jy die regte ding doen, maar die waarheid word van jou oë weerhou… Teen die tyd wat jy agterkom wat aangaan; is dit te laat. Om dan veranderinge aan te bring gaan gewoonlik lei tot groot persoonlike skade en daarom draai baie leraars hulle gesigte weg sodat hulle nie hoef te sien wat in hulle kerke gebeur nie. Hulle hoop dat die probleem homself sal oplos, maar dis nie hoe dit werk nie.

Daar is net een manier om dinge soos dit reg te maak en dit is om terug te gaan na Jesus toe en te gaan bely dat jy verkeerd was. Jesus is nie kwaad vir jou nie. Moenie dat satan allerhande bang maak stories in jou kop sit nie. Jesus wil hê dat jy na Hom toe moet kom en kom regmaak sodat Hy jou kan herstel en weer op die pad sit waar jy hoort. Jesus ken jou en Hy weet klaar wat jy gedoen het. Om bang te wees en te probeer wegkruip gaan geen verskil maak nie.

Onthou; die geveg gaan oor die siel van die mens. Satan weet dat jy nooit jou siel vrywillig vir hom sal gee nie en dis waarom hy met allerhande slinkse planne kom sodat jy nie moet agterkom wat dit is wat jy doen voor dit nie te laat is nie. Gelukkig is dit nooit te laat om ‘n verandering te maak nie. Jesus staan gereed 24 uur per dag en sewe dae per week en Hy wag vir jou.

Maak nie saak hoe vuil jy is nie. Maak nie saak wat jy gedoen het nie. Jesus is lief vir nou net soos jy is en Hy is nie kwaad vir jou nie. Hy wil jou vergewe en jou herstel, maar jy moet daardie eerste stap neem en sê: “HERE, ek kan nie meer nie. Reinig my en vergewe my.”

Ons almal sien die snaakse goed wat skielik in die wêreld gebeur tot hier in Suid Afrika. Die oorstromings, die hitte golwe, die sneeu storms, vulkaniese uitbarstings, aardbewings, tsunami’s, noem maar op. Nou pak die oorlog wolke saam… Binnekort gaan Jesus Sy kinders kom haal en jy kan een van hulle wees, maar dan moet jy nou die regte keuse maak. Jesus wag vir jou…

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

SUIDERKRUIS

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s