Saam met Jesus is alles moontlik

Jesus wys vir my hoe min vertroue daar in Hom is onder die wat in Hom glo…

Ek weet dis moeilik, want ek was ook al in my lewe daar gewees waar ek die keuse moes maak om alles in die Hande van God te sit alhoewel ek self nie kon sien waarheen die pad gaan nie. Ek kan julle verseker dat dit glad nie maklik was om te doen nie, want aan die kant sit jy met dit wat jy ken en wat aan jou bekend is, maar aan die nader kant weet jy nie wat gaan kom nie

Jesus wil vandag vir jou sê “Vat My op my Woord. Bevraagteken My beloftes. Daag My uit en staan dan verstom oor hoe Ek jou pad vir jou gelyk gaan maak!”

Vandag kyk ek glad nie meer terug nie. Ek weet ook nie hoe om vir Hom dankie te sê nie! Alles wat ek het is in die Hande van Jesus en vandag weet ek dat dit die beste besluit was wat ek ooit kon gemaak het. Ek hoef my nie meer te bekommer oor enige iets nie, want Jesus sal sorg! Hy het so gesê in Sy Woord ook en ons almal weet dat God nie ‘n mens is wat kan lieg nie! Moet daarom nie dat satan vir jou allerhande nonsens stories in jou ore kom fluister nie.

Ek weet dat daar werkgewers is wat die V afdwing. Dis nog steeds onwettig om dit te doen. Jesus weet dit ook en daarom het Hy mense soos Schalk van der Merwe tot ons beskikking gestel om vir ons gratis van die nodige wetlike raad te voorsien oor wat om te doen. Ons moet net die raad wat ons gegee word, gebruik. Makliker kan dit nie wees nie.

Ek weet julle is bang. Ek was ook, maar dit kan jy maar glo: Jesus sal nie toelaat dat jy OOIT sink nie. Jy sal miskien nie skatryk wees en kan koop wat jy wil hê nie, maar jy sal genoeg hê om van te leef. Al wat dit kos is geloof in die een waaragtige God!

Klou vas aan Jesus soos wat jy nog nooit voorheen gedoen het nie. Hy is jou nommer een. Alles anders wat ons nou dink so belangrik is, gaan binnekort vergaan. Ons verhoudings met Jesus is al wat gaan bly staan. Luister na die Gees, want die Gees sal jou nooit verkeerd lei nie. Fokus op Jesus. Laat die wêreld vergaan; dis in elke geval nie meer jou huis nie! Moenie vrees nie. Jesus is nog steeds in beheer en dit sal in der ewigheid nooit verander nie! Prys Sy Naam!

Ek gaan afsluit met ‘n gedeelte wat die Gees aan my gegee het uit die Woord van God in Romeine 11:33-36. Dis ‘n lofsang aan God.

[33]  o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! [34]  Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? [35]  Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? [36]  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

SUIDERKRUIS

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s