Vier Kersfees!

Hulle sal weer onder die skaduwee van my takke kom bly. Hulle sal vooruitgaan soos graan wat op die land staan en wieg in die wind. Hulle sal uitloop en groei soos wingerdranke. Hulle sal weer ’n goeie naam hê soos die beroemde naam van die Libanonwyn.

Hosea 14:8 DB

Die woord ‘vier’ beteken om te verbly, te verlustig en te waardeer. Jack Hayford skryf: ‘Daar is so baie wat in die naam van Kersfees gedoen word wat Christus nie verbly of eer nie. Desondanks bevind ek myself waar ek teen godsdienstige mense wat glo dat amper elke Kerstradisie verkeerd is, stry. Hulle is teen versierings, kersbome, of sommer net pret, asof sulke deelname iets heiligs besoedel. Sulke harde sienings is egter onnodig. ‘n Kersboom is ‘n spesifieke stelling. Deur middel van hierdie boom sê ons dat ons in die viering van Kersfees glo. Ons dien ‘n God wat ‘…aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet’ (1 Timoteus 6:17 NLV), en wat deurgaans in die geskiedenis deel van sy volk se feesvieringe is: ‘Hulle het in die Here se teenwoordigheid feesgevier en gedrink en was daardie dag vol vreugde…’ (1 Kronieke 29:22 NLV).

Alhoewel niemand kan sê dat die Bybel ons beveel om kersbome te hê nie, kom ons met vreugde rondom ons bome bymekaar. Ons sien sy lewendige takke as ‘n simbool van die ewige lewe wat Jesus se dood aan die kruis vir ons gegee het. Hy het vir ons vergifnis en ewige hoop gegee. Die kersliggies is ‘n getuienis van sy lig in die wêreld en van sy heerlikheid. Die ornamente reflekteer die dekoratiewe prag waarmee sy goedheid ons lewens versier. Die ster straal hoop uit en herinner ons dat die Here weer sal kom om ons te ontvang.’

Soos julle hierdie Kersfees om die boom bymekaarkom, moenie vergeet om die Een wat: ‘…Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee’ (Johannes 8:12 NLV), gesê het, te vier nie.

deur Bob & Debby Gass | die WOORD vir VANDAG

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s