Die Gelykenis van die Tien Maagde

Ons almal ken sekerlik die verhaal van die Tien Maagde sedert ons tyd in Sondag Skool, maar hoeveel van julle ken die dieper betekenis daarvan?

Ons lees van die Tien Maagde in Mattheus 25:1-13 vir die van julle wat dit self wil gaan lees. Ons lees hoe hulle elkeen hulle lampe geneem het om vir die Bruidegom te gaan wag. Vyf van die meisies was slim en het ekstra olie saam met hulle gevat terwyl die ander vyf dit nie gedoen het nie. Die Bruidegom het egter getalm om te kom en die meisies het vaak geword en aan die slaap geraak.

Om en by middernag het die geroep uitgegaan: “Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!” Al tien meisies het hulle lampe gereed gemaak, maar die vyf wat nie ekstra olie gevat het nie, het skielik agtergekom dat hulle nie genoeg olie het nie. Hulle het vir die wat ekstra olie gebring het gevra om vir hulle ook te gee, maar die wat ekstra olie gebring het kon nie, want dan sou daar nie genoeg gewees het vir almal nie.

Die wat ekstra olie gehad het, het aanbeveel dat die wat nie gehad het nie, gou na die verkopers gaan en vir hulle gaan kry, maar terwyl hulle weg was, het die Bruidegom gekom en die wat saam met Hom gevat. Die deur is daarna gesluit. Toe die ander maagde daar aankom het hulle gevra dat die deur oopgemaak moes word, maar die Bruidegom het geantwoord dat Hy hulle nie ken nie…

Hierdie verhaal het natuurlik ‘n baie dieper betekenis as dit wat hier gesê word. Ons wat tot bekering gekom het en die Heilige Gees ontvang het, is almal Maagde wat vir ons Bruidegom Jesus wag. Die olie waarna verwys word is die Olie van die Heilige Gees en in hoe ‘n mate ons die Heilige Gees toelaat om te werk in ons lewens.

Sommige van ons is totaal oorgegee aan die Wil van die Heilige Gees. In ons brand die vuur van die Gees hoog omdat ons baie olie het. In ander brand die vuur van die Heilige Gees laag omdat hulle nog nie geheel en al oor gegee het nie. Sonde in nou lewe en bekommernisse maak dat daardie vuur nie so hoog kan brand soos dit wil nie. In ander weer het die vuur van die Heilige Gees geheel en al dood gegaan omdat hulle teruggeval het in die wêreld en nou wêreldse plesier aanhang. Hoe hoog die vuur van die Heilige Gees in jou lewe brand, liewe leser, is iets wat net jy sal weet.

Die van julle wat al ‘n nag in die bosveld gespandeer het, sal weet dat jy die diere van die veld in die verte kan hoor. Jy kan hoor hoe die leeus brul en hoe die hahiënas tjank, maar nie een van hulle kom naby die kamp solank die kamp vuur hoog brand nie. Solank as wat iemand wakker is en die vuur bly voer, sal die diere nooit naby kom nie, want hulle is bang vir die vuur. Maar as almal gaan slaap en daar is niemand oor om die vuur te voer nie, sal die vuur al hoe laer brand totdat dit uiteindelik doodgaan. Soos die vuur doodgaan, so sal die diere later al hoe nader aan die kamp kom tot jy later ‘n leeu reg langs jou tent hoor brul!

Die vuur van die Heilige Gees is presies dieselfde! Solank die vuur hoog brand in jou Geestelike Lewe, sal satan wegbly van jou af, want Hy is bang vir die vuur, maar as daardie vuur begin kwyn as gevolg van sonde en bekommernisse, dan kom satan nader en is hy skielik baie brawer as voorheen en sal hy dit selfs waag om jou direk aan te val. Satan weet dat as die vuur van die Heilige Gees kwyn, jy nie genoeg beskerming het nie en dis waarom ons moet sorg dat daardie vuur altyd genoeg olie en hout het om hoog mee te kan brand! Prys die Naam van Jesus!

Verstaan julle nou die gelykenis van die Tien Maagde? Ons is nou in daardie lang nagwaak net voor die Bruidegom kom. Sommige van ons se olie is amper op en as dit op is, gaan ons moed opgee en in sak en as bly sit omdat Jesus so lank vat om te kom. Ander weer gaan moed skep, hulle geloof deur die Heilige Gees versterk en nog olie in hulle lampies gooi om verder wag! Die keuse is julle s’n om nou te maak.

Julle sien, geloof is ‘n vryheid van keuse ding. Ons moet kies om Jesus te volg uit die vryheid van ons eie keuse. Jesus dwing Homself op niemand af nie, maar as jy daardie keuse maak, dan wag daar vir jou ‘n toekoms vir jou wat moeilik is om te beskryf.

Dis jou vryheid van keuse as jy wil besluit om op te gee dis ook jou vryheid van keuse as jy besluit om aan te gaan. Onthou egter dat omdat ons die vryheid van keuse het, beteken dit nie dat ons vry is van die gevolge van daardie keuse nie. Kies dus met wysheid!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

SUIDERKRUIS

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s