Gebed (4)

Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees. Ek sal hom red en in eer herstel.

Psalm 91:15 NLV

Bill Gates was gekoppel aan die rekenaarnetwerk wat ons die Internet noem. Hiermee kan intekenare elektroniese pos (e-pos) aan ander gebruikers van die internet stuur. Oorspronklik het Gates, net soos almal anders, ‘n e-pos adres gehad. Hy het egter probleme begin kry toe The New Yorker tydskrif sy e-pos adres gepubliseer het. Skielik kon enigiemand vir die rekenaargenie ‘n e-pos stuur. Hy was blitsvinnig toegegooi onder duisende e-posse – hy kon eenvoudig nie al die boodskappe hanteer nie. Dus het hy sagteware op sy rekenaar gelaai wat sy e-posse kon filter, deur belangrike e-posse te laat deurkom, terwyl al die ander e-posse uitgewis is.

Ons is beperk; ons kan net soveel hanteer en soveel doen. God, aan die ander kant, raak nooit moeg vir g-pos (geestelike pos), nie. Sy oor is altyd oop vir ons gebede. Hy het ‘n onbeperkte kapasiteit om te help. Jy sal Hom nooit hoor sê: ‘As gevolg van ‘n buitengewone hoë oproepvolume, kan Ek jou oproep nie tans neem nie. Bel asseblief terug of los ‘n boodskap.’

Nee, die Bybel sê: ‘Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees. Ek sal hom red en in eer herstel’ (Psalm 91:15 NLV). ‘…Die regverdige kry waarvoor hy gehoop het’ (Spreuke 10:24 NLV). ‘Die Here… is bly oor die gebede van opregtes’ (Spreuke 15:8 NLV). ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie’ (Jeremia 33:3 NLV). ‘As julle aan My verbind bly en my woorde ‘n stewige vastrapplek in julle gekry het, vra dan net wat julle wil h&# 234;, en julle sal dit kry’ (Johannes 15:7 NLV).

Geskryf deur Bob & Debby Gass | die WOORD vir VANDAG

One thought on “Gebed (4)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s