Pasop wie jy glo (Suider Kruis)

Pasop wie jy na luister en wat jy glo, want ek sien dit al hoe meer en meer; hoe die misleiding toeneem…

Die vyand is slim en hy gebruik ons eie redenasie vermoë teen ons, maar as ons ons oë op Jesus hou, dan kan die vyand nie maak wat hy wil nie. Jesus is ons leidsman en ons lamp in hierdie donker wêreld wat al hoe donkerder word. Pas daarom op na wie jy luister en wat jy glo, want 2 Korintiërs 11:14-15 sê nie verniet die volgende nie: [14]  Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.  [15]  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie.”

Nie almal wat goed op Internet pos doen dit tot die stigting van ander nie en julle moet versigtig wees daarvoor. Jesus het ons vooraf gewaarsku dat ons versigtig moet wees. Sy eerste waarskuwing in Mattheus 24, selfs voor Hy ons gewaarsku het oor enige iets anders was “Pas op dat niemand julle mislei nie.” En nou sien ons dit!

Mense wat ingeënt is, skei nie een of ander giftige stof af wat ons wat nie ingeënt is nie, siek maak nie. Daardie is ‘n nonsens storie om vrees in mense in te boesem teenoor die wat die inenting gehad het. Dis soortgelyk aan die storie dat die wat die inenting nie gehad het nie nou om een of ander rede meer aansteeklik is as die wat die inenting gehad het!

Mense wat ingeënt is, kan nie op jou selfoon se bluetooth uitwys nie. Sover ek kon vasstel het Apple per ongeluk ‘n beta update op hulle lewendige kanaal uitgestuur en alle apple selfone, horlosies, laptops, tablet ensovoorts wat die update afgelaai het, wys nou hulle netwerk mac adresse op bluetooth uit. Dis niks anders as ‘n sagteware fout aan die kant van apple wat dit doen nie en beslis nie die inenting nie!

Ek noem nie hierdie goed om enige iemand te verkleineer nie, maar eerder om aan julle uit te wys hoe hard satan werk om mense te mislei en tot watter uiterste hy sal gaan om dit te doen. Waarom wys ons nie liewer ons naasteliefde deur geduldig te wees met die om ons nie? Jesus se woorde aan die kruis kom nou by my op: “Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” (Lukas 23:34)

Hierdie mense wat hierdie stories maak, weet werklik nie wat hulle doen nie. Dis waar die onderskeiding inkom en waarom ons moet toelaat dat die Gees ons in die hele waarheid lei. Prys Sy Naam!

“…wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.” (Mattheus 10:16)

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s