Die beloning vir goedhartigheid (1)

Toe hy klaar gedrink het, sê sy vir hom: “Ek sal sommer ook vir u kamele water skep totdat hulle genoeg gehad het!”

Genesis 24:19 NLV

Een dag het Abraham sy slaaf gestuur om ‘n vrou vir sy seun, Isak, te vind. Toe hy by ‘n klein dorpie se waterput aankom, het die slaaf gebid: ‘Laat die meisie wat aanbied om vir my kamele water te skep, die een wees wat U vir Isak gekies het.’ Skielik het Rebekka daar aangekom en vir hom gesê: ‘Ek sal sommer ook vir jou kamele water skep’ (sien Genesis 24:13-14). Rebekka het geen idee gehad dat haar lewe op die punt was om te verander nie. Sy het nie geweet dat haar goedhartige gebaar die deur tot groot seëninge sou oopmaak nie.

In die Ou Tes tament was dit die gebruik om water vir ‘n vreemdeling aan te bied. Dit was die wet van gasvryheid. Die Hebreërs het die volgende woorde geglo: ‘Moenie nalaat om gasvry te wees nie. Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang!’ (Hebreërs 13:2 NLV).

Maar wie op aarde bied water vir dors kamele aan? Een kameel kan 150 liter water drink en die slaaf het tien kamele by hom gehad. Dis ‘n halwe dag se projek! Wat Rebekka egter nie geweet het nie, is dat daardie kamele haar na Isak toe sou vat, wat haar sy bruid sou maak en haar deel van Christus se stamboom sou maak.

As jy dus sukses wil behaal, daag vroeg op, bly laat agter, werk hard en los probleme op. Lewe volgens Christus se opdrag om die ekstra myl te gaan (sien Matteus 5:41). Die sleutel tot sukses in die lewe is om nie slegs te doen wat van jou verwag word nie, maar bietjie ekstra. Ja, kamele is onaangenaam en lelik, maar uit daardie lelike situasie het een van d ie mooiste dinge wat ooit met Rebekka gebeur het, gekom.

deur Bob & Debby Gass | die WOORD vir VANDAG

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s