Verwyder ‘n las van jou skouers

as jy so begin leef, sal jy agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees.

Matteus 11:30 DB

Jesus het gesê: ‘Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry. Want my juk sal saggies op julle skouers rus en my las is lig om te dra’ (Matteus 11:28-30 NLV). Let op die woorde: ‘…my juk sal saggies op julle skouers rus en my las is lig om te dra’.

Dis goed om te weet dat ons nie oor dinge bekommerd hoef te wees, alles te moet uitpluis en die laste in ons lewens hoef te dra nie. Dit kan heel ve rfrissend wees om te besef dat dit nie nodig is dat ons alles oor alles hoef te weet nie! Ons moet leer om gemaklik daarmee te wees om te sê: ‘Ek weet nie wat die antwoord op hierdie penarie is nie, en ek gaan my nie daaroor bekommer nie, omdat God in beheer is en ek op Hom vertrou. Ek gaan in Hom ontspan en vry en lig lewe!’

Bekommernis steel ons rus en die voordele daarvan by ons. Wanneer jy jouself dus weer vind waar jy bekommerd en angstig is, moet jy onthou dat jou las lig en jou juk sag kan wees. Al wat jy moet doen is om in die versekering van God se liefde, voorsiening en leiding te rus.

As iemand jou vra wat jy aan jou probleem gaan doen, antwoord dat jy nie op die oomblik daaraan dink nie. As hulle jou vra hoekom nie, sê vir hulle dat jy dit aan God oorgegee het en dat jy Hom vertrou om dit vir jou te laat uitwerk.

deur Bob & Debby Gass | die WOORD vir VANDAG

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s