Hoe om jou huwelik te versterk

Leef gelukkig saam met die vrou wat jy liefhet, solank die sinlose lewe aanhou wat God jou onder die son gegee het. Dit kom jou toe in die lewe, onder al jou geswoeg onder die son.

Prediker 9:9 NLV

Om jou huwelik te versterk, moet jy drie dinge besef:

1) Die huwelik is een van Satan se gunsteling teikens. Hy was kwaad omdat Job se familie God behaag het. Wanneer jou huis dus in harmonie en geseënd is, sal hy dit probeer aanval. Hy wil die derde party in jou verhouding wees; om kwaad te stook en teleur te stel deur jou swakpunte te gebruik. Hy inspireer onrealistiese verwagtinge en herlei jou aandag van diensbaarheid na selfsug toe. Hy wakker jou verbeelding deur ongesonde verhoudings aan, totdat God se teenwoording nie langer die fokus van julle huwelik en die oorheersende atmosfeer in julle huis is nie. Wees op jou hoede vir sy pogings en beskerm jou familie.

2) Jou ingesteldheid bepaal jou bui. Gedagtes het teenwoordigheid. Die oomblik wat iemand by ‘n kamer instap, kan jy konflik of tevredenheid, jaloesie of vreugde, ensovoorts aanvoel. Houdings is aansteeklik; hulle kan die klimaat in jou huis bepaal. Een man het agtergekom dat een televisieprogram ‘n seksuele rusteloosheid binne hom veroorsaak het, tot die punt waar hy sy vrou met die sensualiteit van die akteurs vergelyk het. ‘n Vrou het agtergekom dat sy onverklaarbare jaloesie teenoor haar man gevoel het nadat sy haar gunsteling sepieprogram gekyk het. Elke emosie het ‘n geboorteplek; wees dus sensitief teenoor enige veranderinge in jou huislike omgewing en jou innerlike lewe.

3) Deur te luister, sal jy verstaan. Liefde gaan daaroor om meer te luister en minder te praat. Luister lank genoeg vir weggesteekte emosies om uitgedruk te word. Luister versigtig genoeg om te kan verstaan. Luister akkuraat sodat jy jou maat se ware behoeftes kan assesseer. Die vrae wat jy vra sal wys hoe baie jy omgee, vra hulle dus op ‘n sagte manier en aanhoudend en bid voor jy reageer. Dis hoe jy jou huwelik versterk.

deur Bob & Debby Gass

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s