Wees altyd eerlik

Skatte met leuens verwerf, beteken niks en bring net die dood.

Spreuke 21:6 NLV

Een dag het ‘n predikant by die straat afgestap toe hy op ‘n groep seuns afkom wat ‘n hond omsingel. ‘Wat doen julle?’ het hy gevra. Een van die seuns het geantwoord: ‘Hy is ‘n rondloperhond in die buurt. Ons almal wil hom hê, maar net een van ons kan hom huis toe neem. Dus het ons besluit dat die een wat die grootste leuen kan vertel, hom kan huis toe vat.’

Die predikant het verklaar: ‘Julle seuns moenie ‘n kompetisie hou wat leuens behels nie!’ Hy het toe vir hulle begin preek met: ‘Dis sonde om te lieg,’ en geëindig met: ‘Toe ek julle ouderdom was, het ek nooit gejok nie.’ Daar was ‘n doodse stilte vir ‘n minuut. Net toe die predikant dink dat hy tot die seuns deurgedring het, het een van die seuns ‘n groot sug gegee en gesê: ‘Ag nou ja, gee die hond vir die dominee!’

Op ‘n ernstiger noot, leuens is altyd nadelig:

1) Jy moet altyd onthou wat jy gesê het en as jou geheue nie so goed is nie, is die kanse goed dat jy aan die kaak gestel sal word.

2) Jy moet met jouself lewe met die wete dat jy gelieg het en jou karakter geskend het.

3) Wanneer jy besluit om te bid, sal die eerste ding wat in jou gedagtes opkom, die laaste ding wees wat jy met God wil bespreek; jou leuens.

4) Anders as wat jy dalk mag dink, is verbode vrugte nie soet nie, dis suur.

‘Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde’ (Spreuke 18:21 NLV). Jy sal met die smaak van daardie leuen in jou mond moet saamlewe. Sal dit nie beter wees om net eerlik te wees nie?

deur Bob & Debby Gass | Radio Kansel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s