Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.(Gen. 32:28)
In sy manlike krag het hy met God geworstel. Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek. By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek. – En hy (Abraham) het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee
Julle moet geloof in God hê. Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur – hy sal verkry net wat hy sê. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. – Alle dinge is moontlik vir die een wat glo. – En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.
Here … Gee ons meer geloof.
Hos. 12:3,4. -Rom. 4:20; Mark. 11:22-24. -Mark. 9:23. -Luk. 1:45. -Luk. 17:5.
Pingback: Één zijn met Jezus zoals Jezus één is met God | From guestwriters
Pingback: Hoe ver wil je gaan in je geloof – Jeshuaist