Wat gaan jou nalatenskap wees? (3)

Dié wat reg lewe, sal lank onthou word. Hulle wat verkeerd gelewe het, sal gou vergeet word.

Spreuke 10:7 NLV

Die uitvinder Charles F. Kettering het een maal gesê: ‘Die grootste ding wat hierdie generasie kan doen, is om ‘n paar trapklippe vir die volgende generasie te lê.’ Mense mag dalk op die korttermyn met bewondering praat oor wat jy alles bereik het en vir jouself bekom het. Op die langtermyn sal hulle egter dit wat jy vir ander mense gedoen het, die meeste onthou. Dis hoekom die Bybel sê: ‘Dié wat reg lewe, sal onthou word. Hulle wat verkeerd gelewe het, sal gou vergeet word.’ As jy ‘n seën vir ander mense wil wees, moet jy:

1) regtig vir mense omgee en dit wys, en

2) besef hoe groot impak ‘n goeie nalatenskap kan hê.

D. Elton Trueblood het glo die volgende geskryf: ‘Ons het alreeds ‘n begin gemaak om die betekenis van menslike lewe te ontdek, wanneer ons bome plant onder wie se skadu ons weet ons nooit sal sit nie.’ Die groot redenaar Henry Ward Beecher het gesê: ‘Ons moet so lewe en werk sodat dit wat na ons as sade kom, na die volgende generasie as bloeisels moet gaan en wat na ons in bloei kom, na hulle as vrugte mag gaan. Dit is die ware gees van liefde vir die mensdom.’

Wat gaan jou nalatenskap dus wees? Wat moet jy ophou doen? Wat moet jy begin doen? Waarvan moet jy meer doen om dit ‘n realiteit te maak? Dis nooit te vroeg om te begin dink aan wat jy wil hê jou lewe moet beteken wanneer jy nie meer hier is nie. Net soos die naskrif aan die onderkant van ‘n brief, sê jou nalatenskap vir die mense wat na jou volg: ‘Dít is waaroor my lewe gegaan het!’

deur Bob & Debby Gass | Radio Kansel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s