Waarom glo jy nie?

Jesus sê in Lukas 12:56 dat ons weet hoe om die voorkoms van die lug en die aarde te beoordeel, maar ons weet nie hoe om te beoordeel wanneer die Seun Sy Bruid gaan kom haal nie.

“Ek bewaarheid Bybel geskrifte voor julle oë en julle sien dit nie raak nie! Julle sien elke dag hoe hierdie wêreld agteruit gaan, maar julle let dit nie op nie! Waarom nie? Wat meer moet Ek doen om julle uit hierdie slaap waarin julle is wakker te skud?”

“Julle sing, dans en klap hande in die kerk tot eer van My Naam, maar julle glo nie dat Ek die beskikker van lewe en dood is nie. Julle glo nie dat selfs die mossies almal voor My getel is nie. Julle glo nie dat niks met julle sal gebeur sonder My uitdruklike toestemming nie. Het Ek dan nie gesê dat selfs die hare op jou hoof gestel is nie? Waarom vrees jy dan? Waarom vertrou jy die wêreld met sy sogenaamde geneesmiddel? Is Ek nie wie Ek sê Ek is nie? Wat meer moet Ek doen om jou te oortuig?”

Liewe lesers, ek weet nie waar hierdie boodskap vandaan kom nie. Ek weet net dat ek dit moes skryf, so wie ook al dit lees, weet dat dit ‘n boodskap van Jesus is. Weet dat Jesus met jou praat. Hy gaan kom om Sy Bruid te kom haal en dit gaan binnekort gebeur. Die tyd is nader as wat ons besef!

Weet dit dat as jy daardie inenting vat, dan gaan Jesus ‘n enkele traan vir jou stort en daardie traan gaan jou naam uitwis uit die Boek van die Lewe uit omdat jy nie glo nie.

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

4 thoughts on “Waarom glo jy nie?

  1. Spijtig genoeg bly die meerderheid van die mense nie in God nie, en hulle het geloof geloof in ander sake van ander mense, soos Jezus, Maria, Maradona en ander goden te stel.
    Ons kan net hoop dat daar ‘n eerste wysiging kan kom vir die groot verdrukking wat aangetrek word en dat hulle die doop van die mense gaan en dan die tienste keer tot die geloof in die God van Christus Jezus en hulle sal afvallig wees en die God van Israel sal aanbied in die plaats van hun valse Drie-Eenheid. Laat ons nie enkel hopen dat meer mense sal kom om te sien dat Jezus die weg tot God is nie, maar laat ons ook bid dat hulle verder insig in die Bijbelse Woorden sal kry.

    Liked by 1 person

    • Inderdaad maak die huidige wereld se moderne samelewing groot inbraak op ons beskikbare tyd. Die uitnodiging om tot GOD te keer gaan wegval. Dit verg dissipline om stiltyd met die ALLERHOOGSTE GOD te vind. Min ryd oor maar nog moontlik om tot HOM te keer deur die bloed van JESUS,

      Like

  2. Pingback: Één zijn met Jezus zoals Jezus één is met God | From guestwriters

  3. Pingback: Hoe ver wil je gaan in je geloof – Jeshuaist

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s