Daily Light on the Daily Path (Afr)

Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig. (Spr. 10:19)

My liewe broers, elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. – ‘n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ‘n stad inneem. – As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. – Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word. – Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor wat ek sê.

Omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie. Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. – Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

Uit hulle mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie. Hulle is onberispelik.

Jak. 1:19. -Spr. 16:32. -Jak. 3:2. -Matt. 12:37. -Ps. 141:3; I Pet. 2:21-23. -Heb. 12:3; Openb. 14:5.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s