Jesus se offer vir ons sondes.

Bloed druppels op die pad hier reg voor my
Iets of iemand het regtig seergekry.
Ek hoor ‘n rumoer, ek hoor ‘n geskree
Jy kan dit hoor tot by Galilea se see
Ek stap verder, nuuskierig om te sien wat gaan hier aan
Wat voor my afspeel, laat my hare regop staan.
Drie manne op ‘n heuwel aan kruise opgehang
Liewe hemel, hoekom voel ek nou so verskriklik bang
EK baan my weg deur die skare ek wil weet wat gaan hier aan.
Voor die middelste kruis het ek nou stil gaan staan
Ek kyk op na hierdie man wat so verskriklik ly
‘n Soldaat se spies steek hom in die sy
‘n Doringkroon forseer bloed uit sy hoof
Sy hande en voete met spykers deurgekloof
Die kyk in sy oë ,daar is iets wat jy moet weet
Die liefde wat ek daarin sien sal ek nooit kan vergeet
Die druppels van Sy bloed val voor my in die sand
‘n Enkele druppel kom spat hier op my hand
Ek voel meteens so anders , ek is nou skoongewas
‘n Berg lig van my skouers, weg is my sonde las
Wat ek hier aanskou en wat ek hier ervaar
Sal ek vir altyd en ewig in my hart bewaar
Jy kan vir my lag , Ja jy kan maar spot
Ek weet verseker HY IS DIE SEUN VAN GOD!

bron : Mrs P

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s