Die gawe van bemoediging

6 Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik. As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer, moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings. 8 As dit is om ander op te beur, lê jou daarop toe. As jy materiële ondersteuning kan gee, doen dit sonder bymotiewe. As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding. En as jy die gawe het om ander in hulle nood by te staan, doen dit met ’n vrolike hart.

Romeine 12:6,8 NLV

Het jy geweet dat daar so ‘n ding soos ‘die gawe van bemoediging‘ is? Daar is! Die Bybel sê: ‘Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het… As God aan jou die gawe gegee het… om ander op te beur, dóén dit dan inderdaad…’

Jy hoef nie talentvol te wees of ‘n hoë IK te hê om hierdie gawe te demonstreer nie. Jy ontmoet elke dag mense wat bemoediging nodig het. Hulle mag dit dalk nie op die oppervlak wys nie, maar hulle sukkel om kop bo water te hou. Sommige van hulle is op die punt van wanhoop en jou woorde kan hulle opbeur. Selfs ‘n glimlag kan dit doen.

Job het gesê: ‘Wanneer hulle moedeloos was, het ek hulle met ‘n glimlag bemoedig. Wanneer ek met goedkeuring na hulle kyk, was dit vir hulle kosbaar‘ (Job 29:24 NLV). Salomo het gesê: ‘Bekommernis rem ‘n mens af; bemoedigende woorde maak hom bly‘ (Spreuke 12:25 NLV).

Moenie aanneem dat mense wat status en sukses het, nie bemoediging nodig het nie. Dawid was ‘n skrywer wie se psalms reg rondom die wêreld gelees is. Hy was Israel se populêrste koning. Hy het egter dae gehad wat hy so laag gevoel het dat dit vir hom gevoel het of hy moes opreik net om aan die bodem te raak: ‘Ek is op die punt van ineenstorting, ek beleef voortdurend pyn‘ (Psalm 38:18 NLV).

Dis nie net gemiddelde mense wat bemoediging nodig het nie – mense wat topverkoper boeke skryf en konings het dit ook nodig. Almal het dit nodig. Dis goed, want wanneer jy die gawe van bemoediging het, sal jy nooit sonder ‘n werk sit nie. Wees dus vandag sensitief vir God se leiding en wanneer Hy jou aanpor om iemand te bemoedig – doen dit!

Sielskos: Mal 1-2; Matt 2:9-15; Ps 139:1-12; Spr 31:25-27

Geskryf deur Bob & Debby Gass

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s