As jy saai, sal jy oes

9 Soos daar geskryf staan:“Hy het uitgedeelen gegee aan die armes;sy goedhartigheid bly vir altyd staan.”

2 Korintiërs 9:6 NLV

Jou finansiële oes word deur dit wat jy spandeer, dit wat jy spaar en dit wat jy in God se koninkryk saai, bepaal. Jou toekoms begin met dit wat jy tans in jou hand het. Niks is te min om te vermeerder nie. Elkeen van ons het iets van God ontvang wat in staat is om te vermeerder; die geheim is om dit in sy hande te plaas. Hy het gesê: ‘...Ek is die Here jou God wat jou leer wat vir jou reg is…‘ (Jesaja 48:17 NLV).

In die Nuwe Testament het Jesus die vissermanne geleer hoe om meer vis te vang (sien Lukas 5:1-11). Op een geleentheid het Hy selfs vir sy dissipels gesê waar om geld te kry om hulle belasting te betaal (sien Matteus 17:27). Hy het ons geleer dat om te gee en nie terug te hou nie, die manier is om dit wat vir jou gegee is, te vermeerder (sien Lukas 6:38). Soms is jou saadjie die enigste manier uit die moeilikheid uit, maar jy moet gewillig wees om dit te saai.

Jesus het vir mense gewys waar om geld te vind. Wanneer hulle misluk het, het Hy hulle gemotiveer om op te staan en weer te probeer – en sy metodes te gebruik. Hy het vir hulle gesê dat God hulle onfeilbare bron is en hulle aangemoedig om te verwag dat hulle ‘n oes vir elke saad wat hulle saai, sou ontvang.

Paulus sê: ‘…God het die blymoedige gewer lief. En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk‘ (2 Korintiërs 9:7-8 NLV). As jy saai, sal jy oes! Dis so eenvoudig!

Sielskos: 2 Kro 8-11; Joh 12:12-19; Ps 102:1-11; Spr 27:7-9

Geskryf deur Bob & Debby Gass

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s