Gebruik jou talente

14 Moenie die geestelike gawe verwaarloos wat jy ontvang het deur die profesieë wat oor jou uitgespreek is toe die ouderlinge van die gemeente jou die hande opgelê het nie.

1 Timoteus 4:14 NLV

Luigi Tarisio is in 1796 in Italië gebore. Hy het viole versamel en was trots daarop om seldsame viole uit te snuffel en net instrumente van die hoogste kwaliteit aan te koop. Niemand het regtig van Tarisio se passie geweet nie, totdat hy oorlede is. Eers toe sy boedel gewaardeer is, is daar ongeveer 246 waardevolle viole in sy solder ontdek! Een van die duurste viole, wat in ‘n ou laaikas versteek was, was ‘n Stradivarius wat hy by ‘n ander versamelaar gekoop het.

Dr W.Y. Fullerton, die talentvolle prediker, het opgemerk dat omdat Tarisio die instrument b ewaar het, het hy ‘die wêreld van al daardie musiek ontneem.’ Teen die tyd wat die Stradivarius in sy versameling uiteindelik weer bespeel is, het 147 jaar verbygegaan!

Een sielkundige het gesê: ‘Moenie doodgaan met die musiek nog binne in jou nie. Moenie aan die einde van jou lewe kom en sê: ‘Wat as my hele lewe verkeerd was nie?‘ God het vir jou gawes gegee en Hy verwag van jou om hulle te gebruik. As jy wag tot jy dit perfek kan doen, sal jy dit nooit doen nie. Jesus het gesê: ‘Julle is sout wat smaak moet gee aan hierdie smaaklose wêreld waarin almal in sonde leef. As julle dit nie doen nie, beteken julle net mooi niks vir God nie. Dan kan Hy julle net sowel op die ashoop weggooi. Julle is ‘n lig vir die donker wêreld rondom julle. Almal moet kan sien dat julle glo. Julle geloof moet net so sigbaar wees soos ‘n stad wat hoog bo-op ‘n berg gebou is’ (Matteus 5:13-14 DB)’.

Verstaan dit: God sal jou daarvoor aanspreeklik hou om jou talente te ontdek, hulle ten volle te ontwikel en hulle te gebruik om Hom te verheerlik en ander mense te seën.

Sielskos: Ef 1:1-4:16; Joh 2:1-11; Ps 110; Spr 23:6-9

Geskryf deur Bob & Debby Gass | die Woord vir Vandag

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s