Staan op vir JESUS!

Saggeus se lewe het daardie dag heeltemal verander. Hy het voor die HERE gaan staan en vir HOM gesê: “Kyk, van nou af gaan ek anders lewe. Daarom gee ek nou die helfte van alles wat ek besit vir die armes. In die verlede het ek baie mense verkul met geld. Maar ek gaan daardie geld vierdubbel aan hulle terugbetaal.

(Lukas 19:8)

Jy hoor wie weet hoeveel keer op ń Sondag in die kerk dat jy ń getuie vir die HERE moet wees. Tog sal 80% van almal wat Sondae die kerk se banke vol sit, nie een enkele keer hul mond buite die kerk oopmaak om oor die HERE te praat nie. So vertel die statistiek ons. Is jy ook een van hierdie swygers? Bly jy stil by jou werk en tussen jou vriende oor die HERE? Het jy al ooit met iemand oor sy/haar saligheid gepraat? Sê jy dat jy nie weet hoe nie? Wel, wat het jy daaraan gedoen? As jou eie kerk nie ń Evangeliesasiekursus aanbied nie, sal daar wel ń ander kerk in jou omgewing wees wat so iets doen. Om nie eens te praat van al die geestelike boeke oor hierdie onderwerp wat by goeie boekwinkels te koop is nie. Daarom help jou verskoning dat jy nie weet hoe om oor die HERE te praat nie net mooi niks!

Sê jy dat jy skamerig is en nie eintlik die regte persoon is om oor JESUS te praat nie? Mag ek jou vra of jy ook skamerig is as jy saam met jou vriende rugby kyk en as jy jou gunsteling sportspan ondersteun? Swyg jy as jy saam met jou vriendinne in ń winkelsentrum na die nuutste klere kyk? Of is jy net stil as geloof ter sprake is? Wel, dan jok jy. Die waarheid is dat jy te skaam is om oor JESUS te praat! HY is nog nie belangrik genoeg in jou lewe nie. HY sê SELF in Matteus 10 as jy jou vir HOM skaam voor mense, sal HY geen ander keuse hê as om dieselfde te doen voor SY VADER en SY engele as jou naam in die hemel ter sprake kom nie. Dan sal JESUS maak asof HY jou ook nie ken nie!

deur Stephan Joubert | bron : Ousus

One thought on “Staan op vir JESUS!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s