‘n Diep sug

Teresa van Ávila is ‘n 16e-eeuse Spaanse mistikus en teoloog. Sy is in 1515 gebore as die dogter van ‘n baie welvarende sakeman. Sy het reeds van kleins af ‘n diep soeke na God gehad. Teresa se ma is oorlede toe sy 11 was en daarna het sy net een begeerte gehad en dit was om haar lewe ten volle aan die Here toe te wy.

Sy het groot erns gemaak met haar verhouding met God en dikwels mistieke ervarings gehad in so mate dat sy dit probeer wegsteek het vir mense. Terselfdertyd het sy amper alles wat sy gedink en ervaar het neergeskryf, met die gevolg dat haar verhouding met God en haar ervaring daarvan ‘n ryk hulpbron geword het.

Teresa se toewyding het gelei tot grootskaalse kritiek teen die Karmelitiese orde (waarvan sy deel was), wat al meer in toewyding verslap het. Dit het haar jare se swaarkry en verguising op die hals gehaal, maar die reformasie wat deur haar toewyding ontketen is was ongekend. Sy het kritiek, onsekerheid, angstigheid, eensaamheid en verlatenheid goed geken.

Een van haar bekendste gebede, wat in haar eie handskrif tussen al haar geskrifte op ‘n stukkie papier gevind is, was haar baie bekende “Nada te turbe”.
“Nada te turbe” het oor meer as 400 jaar vir gelowiges wêreldwyd woorde gegee vir die diep sug waarmee hulle soms voor God in tye van swaarkry gestaan het, veral wanneer hulle eie woorde soek was. Miskien kan “Nada te turbe” ook vanaand iets van die sug van jou eie hart verword.

Laat niks jou ontstel nie.
Laat niks jou beangs maak nie.
Al is alles vervlietend,
God verander nie.
Geduld bereik alles.
Wie vir God het weet niks ontbreek nie.
God alleen is genoeg.

Let nothing disturb you,
Let nothing frighten you,
All things pass away:
God never changes.
Patience obtains all things.
He who has God
Finds he lacks nothing;
God alone suffices.

Nada te turbe,
nada te espante
todo se pasa,
Dios no se muda,
la paciencia
todo lo alcanza,
quien a Dios tiene
nada le falta
solo Dios basta.

bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s