Altyd maar op pad

Ons mense ly dikwels op een of ander manier aan “bestemmingswaan.” Ons dink maar elke nou en dan: as ek maar net hierdie sekere bestemming bereik sal dit met my soveel beter gaan. As grendeltyd net eers verby is… As my kinders net uit die skool is… As ek net kan aftree… En so het ons voortdurend een of ander nuwe bestemming waarheen ons op pad is.

In hierdie afgelope weke was ek diep onder die indruk ons nie moet dink dat ons ooit iewers arriveer nie. Die lewe, en soveel te meer die spirituele lewe, was nog nooit ‘n bestemming nie. Dit is altyd ‘n reis.

Selfs in ons verhouding met God dink ons as ek tog net hierdie sekere mens kan wees sal my lewe perfek wees. Die probleem met hierdie ideaal is dat dit soos die altyd ontwykende reënboog is. Meestal is ons verhouding met God eerder een tree vorentoe en drie treë terug.

Daarom help die beeld van die spiraal in ons verhouding met God ons veel meer as die beeld van ‘n stel trappe met ‘n beloning op die bopunt,

Die spiraal metafoor wil my help om elke dag nuut te kyk na myself en die lewe, om te besef ou uitdagings duik dikwels in nuwe gedaantes op en nooi my om verder te groei, om te besef as ek gister nie die beste voorbeeld van myself was nie beteken dit nie ek is ‘n mislukking nie – daar was redes daarvoor – en daarom delf ek in die redes in, en begin net weer.

Deel van my lewensreël is hierdie woorde van Rainer Maria Rilke:

“If the Angel deigns to come,

it will be because you have convinced her, 

not by your tears, 

but by your humble resolve 

to be always beginning: 

to be a beginner.”



Mag jy vandag die moed hê om weer te begin, en om daarna elke dag ‘n beginner te wees en te besef dat ons soos Amanda Strydom sing, altyd maar op pad is! Tree vir tree…

bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s