GOD gee goeie dinge

As jou kind vir jou ń stukkie brood kom vra om te eet, sal jy tog nie vir hom ń klip gee nie. Jy sal ook nie vir hom iets slegs soos ń slang gee as hy vis wil hê om te eet nie. Nou ja, GOD maak ook nie so met SY kinders nie. 📖 Matteus 7:10 📖

GOD is ons VADER; daarom tree HY soos ń Vader teenoor ons as SY kinders op. JESUS illustreer dit met die beeld van ń pa en ń kind. HY sê vir die mense wat na HOM sit en luister dat ń aardse pa tog nie iets slegs vir sy kind sal gee as dié hom iets vra nie. Geen pa gee ń klip vir sy kinders as hulle brood vra nie. Net so gee ń ouer ook nie iets slegs soos ń slang vir sy kinders as hulle vis vra nie. (Terloops, vir Joodse hoorders sou die verwysing na slange hulle onmiddellik laat dink het aan die duiwel.)

JESUS gebruik hierdie beeld om vir ons ń baie belangrike les oor GOD te leer. HY maak dit duidelik dat as aardse pa’s goed is vir hulle kinders, hoeveel te meer sal GOD nie goed wees nie? HY is immers ons Hemelse VADER wat presies weet wat ons nodig het. Daarom sal HY nooit iets slegs (soos die duiwel) vir ons gee as ons by HOM gaan genade bedel nie. JESUS sê nie dat GOD noodwendig gaan brood gee as ons HOM vir brood vra nie, maar HY sal beslis nie iets slegters gee as wat ons benodig nie. Daarvan kan ons maar seker wees. GOD sal soos ń VADER vir ons presies dit gee wat ons nodig het om tot SY eer te leef en op te tree.

Gaan waag dit om met GOD te praat. Vra, klop, pleit. Hou aan. HY hoor. En HY verhoor. HY sal sorg dat jy net die beste kry. Want HY is jou VADER in die hemel wat intens oor jou bekommerd is. Jou daaglikse behoeftes is goed aan HOM bekend, ook jou nood en vreugdes. Daarom kan jy dit maar waag om jou hart voor SY troon te gaan leegmaak. HY hoor en antwoord. HY is die HERE, maar in CHRISTUS is HY ook jou VADER.

🙏🏻 Hemelse VADER, dankie dat U so baie vir ons omgee. Dankie dat U weet wat ons nodig het nog voordat ons vra. Dankie dat U goeie dinge vir ons gee. En dankie dat ons U VADER mag noem, en dat U werklik hoor en antwoord … Amen.

Stephan Joubert ✒ | bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s