Stof tot Nadenke

Vanoggend ry ek kerk toe (soos gewoonlik) & natuurlik alweer laat.

Toe ek 8h55 by die hek van die kerk kom staan ñ broer met ñ clipboard … ek draai my ruit af. Jammer Anette jy kan nie ingaan nie …100 kapasiteit bereik!

Ek ruk my dadelik op want ek is deel van die orkes & my man is immers die Voorsitter.

Ek is elke Sondag in die kerk … maar sy woorde bly dieselfde … jammer jy’s te laat, jy kan nie ingaan nie!

Skielik … soos yskas water oor my … sien ek die Engel met die rol in sy hand (die vers kom in my gedagtes “Nie almal wat vir my sê Here, Here sal die koningkryk binne gaan nie) jy’s te laat … jy kan nie ingaan nie.

Wat as ek nou my oë in die ewigheid oopgemaak het? … Wat as ek voor die Hemelpoorte gestaan het? … Wat as die Basuin geblaas het & my lampie was nie vol olie nie? … jammer! … helaas te laat!!

Dit gaan nie saak maak hoeveel Sondae ek in die kerk was nie, of op watter raad ek gedien het nie, of watter musiekinstrument ek vir die kerk gespeel het nie …

Wat gaan saak maak …  Is my naam in die Boek van die Lewe! Het ek ‘n verhouding met die God van die Hemel en Aarde! Is ek gereed?

Hoe verskriklik was daardie werklikheid!

Niks wat ek kon doen nie! Ek moes maar verleë in my kar omdraai & terug ry huis toe …
Die werklikheid is … Dis my eie toedoen!

As ek agterbly sal dit ook my eie toedoen wees …

When I stand on that great Judgement morning … I’ll face nobody’s record of actions but my own.

‘n VRAAG wat ons elkeen ons self moet afvra: is ek gereed?

Het ek waarlik ‘n verhouding met die Here?

En dan, hoe kosbaar is dit: die Here gee ons nou elkeen nog ‘n kans om reg & gereed te maak. Hy sonder ons vir 21 dae af … ‘n tyd tot nadenke … _’n tyd om reg & gereed te maak …

bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s