Op JESUS se pad is daar vuur …

Julle moet op ń nuwe manier gaan leef. Verkoop julle besittings. Deel wat julle het met dié wat minder as julle het. Maak vir julle ń bankrekening in die hemel oop. GOD SELF sal dit oppas. Geen dief kan daar by HOM inbreek nie. En niks word ooit oud daar nie. (📖 Lukas 12:33 📖)

Ervaar jy ook iets van die vuur van die Evangelie in jou lewe? Moes jy dalk ook al afskeid neem van ń goeie vriend omdat die Evangelie tussen julle staan? Of beleef jy dit dalk binne in jou familie? Moenie moedeloos word as jy die Evangelie onder jou voete of iewers aan jou eie lyf voel brand nie. JESUS het mos gewaarsku dat dit sal gebeur. Volhard net enduit. Bly op jou pos.

Die hartseerstorie van ons dag is dat baie kerkmense nie meer die Evangelie se vuur in hulle lewe ervaar nie. Die jongste statistiek vertel vir ons dat ons lidmaatgetalle kwaai aan die daal is, dat mense toenemend hulle rug vir die Bybel draai en dat ń anti-Christelike leefwyse oral byval vind. Wat staan ons te doen om die kerk weer lewenskragtig te kry? Ons sou sekerlik die vinger kon wys na hierdie dominee en na daardie Pastoor wat geestelik nie op peil is nie, of na al die dooie lidmate, maar dit sal niks help nie. Die oplossing begin altyd by my en jou. JESUS sê so.

As ons moet sit en wag tot ander mense om ons eers begin verander, gaan ons regtig ons hele lewe omsit. Verandering begin net by een adres: by myself. Ek moet my daarom eerlik afvra of ek bereid is om JESUS op SY voorwaardes te volg, of nie. Dit help nie ek sing in die koor van die kritici sonder om JESUS te volg soos HY vereis nie.

JESUS vra voltydse dissipels. Dit is SY oplossing vir ń tam kerk. En dit is natuurlik nie maklik nie. Ek moet daarom die prys deeglik bereken voordat ek oorhaastig “ja” sê. Herstel binne die kerk begin by net een plek, by mý. As ek met my lewe vir JESUS “ja” sê, kan ek ń verskil begin maak op daardie stukkie van die koninkryk waar JESUS my geplaas het.

🖋 Stephan Joubert 🖋 | bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s