Los jou bekommernis agter jou …

“Hou op om jou te bekommer!”

Daarna het JESUS vir SY volgelinge gesê: “Hou op om julle van vroeg tot laat te loop en bekommer. Julle wonder gedurig: ‘Waar gaan ons geld kry om kos te koop’ of: ‘Hoe gaan ons geld vir klere in die hande kry?’ Die dinge is tog nie die belangrikste in die lewe nie.” (📖 Lukas 12:22 📖)

Deesdae lyk dit of bekommernis ons almal aan die keel beet het. Ons loop en tob of ons nog ń werk gaan hê oor ń jaar, of daar nog ń toekoms vir ons in hierdie land is, of die ekonomie in duie gaan stort, of ons kinders eendag werk gaan kry. Dink aan iets en mense is bekommerd.

Die slegte nuus omtrent bekommernis is dat dit ons niks in die sak bring nie. Dit kan nie ń enkele uur tot jou lewe toevoeg nie. Die enigste gevolge van bekommernis is maagsere, spanning, ongelukkigheid, vrees, terneergedruktheid en ongeluk. Nog erger: die meeste van die dinge waaroor ons ons kwel, gebeur op die ou end nie eens met ons nie. Ons bestee dus ure en ure se kosbare tyd aan vrugtelose, siekmakende aktiwiteit.

JESUS het ń goeie oplossing vir ons kwellinge. Dis heel eenvoudig: “Hou op om jou te bekommer!” JESUS kan dit sê omdat HY vir ons sorg. HY loop presies in pas met ons om vir ons te voorsien van alles wat ons elke dag nodig het. HY gee vir ons klere as ons dit nodig het, en kos as ons dit nodig het. As HY vir die kraaie en vir die veldlelies sorg, hoeveel te meer sal die HERE dan nie vir ons sorg nie?

JESUS sê dat ons net soos ongelowiges lyk en optree as ons van die oggend tot die aand loop en bekommer. Dit is niks minder as ń mosie van wantroue in SY Hemelse vermoë om vir ons te sorg nie. Daarom moet ons dadelik met hierdie uiters negatiewe spel van ons ophou en die HERE begin vertrou om vir ons te gee wat ons nodig het. HY is ons Hemelse VADER wat ons behoeftes die beste van almal ken. Ons moet dag na dag op SY SEUN se hakke begin loop en ons ophou bekommer!

✒ Stephan Joubert ✒ | bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s