Staan op God se Woord (6)

‘Ons liggame wat in die grond geplant word, is maar heel gewoon, maar hulle sal in glansende heerlikheid opgewek word. Hulle is maar baie broos wanneer hulle geplant word, maar hulle sal vol krag wees wanneer hulle opgewek word’

Filippense 1:23 NLV

Wanneer die dood iemand wie jy liefhet kom haal het. Satan sal probeer om jou met berouvolle gedagtes oor dit wat jy vir jou geliefde gedoen en nie gedoen het nie toe hulle nog hier was, te martel. Moenie na hom luister nie! Die Bybel noem hom ‘die aanklaer’ (sien Openbaring 12:10). Verbly jouself eerder dat julle eendag vir ewig in die hemel herenig sal word. Gee jouself toestemming om te rou en wanneer die rouproses eindig, staan op God se Woord: ‘Liewe broers en susters, ons wil nie hê dat julle in onkunde sal verkeer oor die dooies nie. Dan sal julle nie soos die ander mense treur sonder ‘n toekomsvooruitsig nie. Want as ons glo dat Jesus gesterf het én opgestaan het, moet ons ook glo dat God dié mense wat gesterf het terwyl hulle in Jesus glo, saam met Jesus sal terugbring’ (1 Tessalonisense 4:13-14 NLV). ‘Ons liggame wat in die grond geplant word, is maar heel gewoon, maar hulle sal in glansende heerlikheid opgewek word. Hulle is maar baie broos wanneer hulle geplant word, maar hulle sal vol krag wees wanneer hulle opgewek word’ (1 Korintiërs 15:43-44 NLV). ‘Moenie ontsteld wees nie. Hou net aan om op God te vertrou en vertrou ook ten volle op My. In die huis van my Vader is daar sommer baie kamers. As dit nie só was nie, sou Ek dit aan julle gesê het. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak… Ek kom terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is’ (Johannes 14:1-3 NLV). Paulus skryf: ‘om te vertrek en persoonlik by Christus te wees… is vir my verreweg die beste.’ Leun van dag op hierdie woorde van die Skrif en vind vertroosting daarin.

Sielskos: Luk 10:25-37; Ef 4:31-32; Gen 50:15-21

bron : Radio Kansel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s