Roeteaanwysers

“Hulle het niemand nodig om vir hulle die regte pad terug na GOD toe aan te wys nie.”

Terwyl hulle nog so loop en praat, sien HY vir Levi, Alfeus se seun, in die belastingkantoor sit. “Kom saam met MY,” sê JESUS vir hom. Hy het opgestaan, sy goed gevat en agter JESUS aangestap. (📖 Markus 2:14 📖)

Hoe weet jy wat is die regte pad? Wel, jy kyk op ń kaart. Of jy lees die roeteaanwysers langs die pad. So eenvoudig soos dit. As jy verdwaal terwyl daar hulp naby is, is dit net jou eie skuld. Dan volg jy nie die regte aanwysings nie.

Hoe het JESUS geweet wat is die regte pad aarde toe? HY het maar net die regte pad gevolg. Toe HY op ń dag by Levi en ń klompie ander stukkende mense eet en die godsdienstige leiers hieroor murmureer, vertel JESUS watter roeteaanwysers HY aarde toe gevolg het. HY sê vir hulle HY het nie gekom vir die gesondes nie, maar vir die siekes. Sondaars, gevallenes, uitgeworpenes, struikelendes, siekes, verwerpte mense ~ dis diegene op SY roetekaart. Sulke mense is SY enigste kompas vir die lang reis aarde toe.

JESUS het nie gekom vir die vromes, die godsdienstiges en die ordentlikes nie. Sulke mense het HOM mos nie nodig nie. Hulle kan self regkom. Hulle dink hulle het self die regte medisyne vir al hul sondepyne. Hulle het niemand nodig om vir hulle die regte pad terug na GOD toe aan te wys nie. Daarom kan JESUS niks vir hulle doen nie. Sulke mense is nie op SY roeteplan nie. Hulle het hulle daaruit verwyder en verskoon toe HY op hier op aarde aangekom het. Dis hoekom HY verder aanstap na sondaars toe. Hulle, nee, ek en jy, is SY padaanwysers, SY roeteplan. Daarom strek JESUS se pad tot by ons elkeen. Daarom stop SY pad by die voordeur van ons stukkende lewens. Ons is die mense saam met wie HY vandag wil kom eet. Nooi HOM ń slag binne!

deur Stephan Joubert : bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s