“Want dis hoekom Jesus dit gedoen het… dit het alles vir Hom om Sy Vader gegaan en om Sy Vader te gehoorsaam, Hom te behaag en in Sy wil te volg. Dit voel vir my dat as ons van die gedagtes is dat alles oor MY gegaan het, het ons nodig om nog geestelik te groei en om oor onsself te kom. Dan is daar nog ’n stukkie in onsself wat moet sterf, want vir Jesus het dit nie oor MY of oor JOU gegaan nie, maar oor Sy Vader… uit gehoorsaamheid tot Sy Vader!”