Die Wonderlikes was Self Verwonderd

Kan jy jouself voorstel wat die skaapwagters beleef het toe ‘n “hemelse skare” daardie Kersnag aan hulle verskyn het? Hulle was maar net besig om hulle skape in die veld op te pas en toe, skielik: ‘n hemelruim vol engele. Hulle het heel waarskynlik die engele gehoor, maar om hulle te sien was seker vreesaanjaend sowel as wonderlik. Verbeel jou honderde engele wat saam lofprys met ‘n oorverdowende, glorieryke klank. Wat ‘n wonderbare oomblik!

Engele kom waarskynlik voor dat hulle self aanbidding werd is. Hulle is so anders as enigiets wat ons hier op aarde sien. Hulle weerspieël die lig van die hemel en dwing volle aandag en respek af. Hulle is egter nie die fokus van aanbidding nie. So merkwaardig soos hulle ookal is, het hulle net een ding voor oë gehad – om God te prys vir wie Hy is en wat Hy, deur Jesus, na die aarde sou bring. Engele, wat vir die menslike oog wonderlik is, was verwonderd oor die aangesig van God. Dit moes om daardie rede meer oortuigend vir die skaapwagters gewees het dat God hulle aanbidding en lofprysing waardig was.

🙏🏻 Vader, ek kan nie ten volle begryp hoe wonderlik U is nie. Hou asseblief hierdie Kersseisoen my oë gefokus op hoe waardig U my aanbidding is. Help my dat ek nooit die wonder van u grootheid verloor nie. Alles in die hemel en op aarde is gemaak om U te aanbid. Niemand kom na aan u glorie nie.

bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s