..perspektief oor die droogte…

Fanus Hansen en sy ma se perspektief oor die droogte…

Vrede vir my gemoed wou nie kom nie.
Ek het soekend by die kombuistafel loop sit.
Ma het koffie gebring.

“Wat jaag jou?” het sy gevra.

“Hierdie droogte!
Ek weet nie wat die Here vir mý wil sê nie.
Ek wil nie meer hoor wat iemand anders dink nie,
ek wil nooit weer hoor wat hy dink God vir my
wil sê nie, ek wil nou self hoor!”

“Is jy seker dat Hy vir jou iets wil sê,
vir jou iets moet sê?”
haar teenvrag.

“Wat dan anders?”

“Dalk wil God deur ons droogte
vir iemand anders iets sê.”

“Vir wie wat sê?”

“Dalk vir die mense wat die
bederfpakkies kom aflaai het.
Vir hulle wat vir ons voer skenk.
Vir al die kinders wat vir ons bid.
Dalk wil God hulle leer van gee,
leer van bid,
leer van help
en leer van omgee.

Dalk is óns droogte
nie nét óns droogte nie.
Dalk is óns droogte
Suid-Afrika se droogte.

Dalk maak God ons gereed vir meer,
vir meer gee,
vir meer omgee,
vir meer dankbaarheid,
vir meer “dankie Here”
vir dit wat ek het,
dalk maak God ons gereed
vir bid vir mense
wie se name ek nie ken nie,
vir nuwe vriendskappe,
vir ’n nuwe penmaat
wat haar naam en telefoonnommer en adres
in my bederfpakkie gelos het.
Ek bid nou vir haar
en sy vir my.

Ek en jy bid elke aand
dat God ons sal seën,
die week het die seën
na my toe gekom
met die teerpad!

Ek weet ons kort reën,
maar die week het ek besef,
ons kort meer as reën,
ons kort mekaar!”

bron : Ousus

3 thoughts on “..perspektief oor die droogte…

  1. Dit sny diep. Dom Ou sê die boere het gesondig. Hy verstaan nie toe ek sê sy witbroodjie groei aan ‘n stingel annerkant Protem nie. En dat sy volgende braai aangestap kom deuskant Tweedside nie. Of dat die Kro boer nie sy koesisters kan koop by die verkeerslig nie. Oorlat die boer nie geld het nie. Want droog maak die dam dalk leeg, maar die kluis ook.

    As kind gesien as jy nie vra vir reën nie, maar vir vergiffenis, dan reën dit op jou lande en in jou kluis. En op jou tafel. Die witbrood rys.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s