Die hoogste gesag in jou lewe?

Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar MY woorde nooit“. 📖 Lukas 21:33 📖

Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek dat mensgemaakte dinge wankelbaar is. Ek is versigtig om te praat oor iets buite GOD se Woord, want net môre bewys die wetenskap die teendeel. Selfs dinge wat op sogenaamde wetenskaplike navorsing berus, word later onwaar bewys. Dieetkundiges het gewaarsku teen te veel cholesterol in eiers. Niks meer as vier eiers per week nie. Nou die dag sê ń kenner vir my dis onwaar. Jy kan veel meer eiers eet. Tydens hoërskool onthou ek hoe my ma die botter vervang het met margarien ~ blykbaar gesonder. Vandag hoor ons botter is die gesondste. In ń stadium is almal gewaarsku teen koffie. Tans is bevind koffie is heel gesond en ń teenvoeter teen vele siektes.

So, wat is nou eintlik waar? Niks is vas en seker op hierdie aarde nie, behalwe die Woord van GOD. GOD se woorde sal staan tot in die jongste dag. Dis tydloos. Dis vandag waar en môre en dit sal steeds waar bly. Dis betroubaar, waaragtig. Die integriteit daarvan is bo verdenking. Uit JESUS se profesie hoor ons die eindoordeel berus ook op die Woord van GOD. Dra SY woorde die hoogste gesag vir jou?

🙏🏻 Hemelse VADER, dankie dat U Woord betroubaar en vas is. Dankie dat ons verseker kan weet dis vandag waar en môre, en sal altyd waar bly, tot in die jongste dag, HERE … Amen.

Willem Badenhorst | bron: Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s