Skep ń atmosfeer vir presteer …

Hy het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want my pa sal jou nie in die hande kry nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal onder jou staan. Selfs my pa weet dat dit so is. (📖 1 Samuel 23:17 📖)

Die miljardêr-sakeman Charles Schwab het ń treffende aanhaling: “Ek moet nog die persoon ontmoet, ongeag sy status of die amp … wat nie beter werk gelewer en ń groter poging aangewend het om sukses te behaal nie as gevolg van ń gees van aanmoediging, in plaas van kritiek.” Ons weet almal dat ‘aanmoediging’ verloorders in wenners kan omskep. Ongelukkig is dit ook so dat mense mekaar so maklik afkraak en mekaar se vlammetjies eerder blus.

Dit kan ander negatief maak, onwaardig en minderwaardig laat voel en dikwels verby breekpunt bring. Dit is ń feit dat mense mekaar harder met die tong kan slaan as met die vuis.

Daarom is dit só spesiaal waar Jonatan vir Dawid in die woestyn Sif bemoedig: “Hou moed, Dawid, want jy gaan nog eendag koning word” (1 Sam 23:17).

Dit verg Goddelike wysheid en fyn aanvoeling om te weet wanneer iemand aangemoedig moet word.

Jay Spaulding het gesê dat almal wat in ons vermoëns glo ons nie net stimuleer nie, maar ook die atmosfeer skep waarin ons bo die gemiddeld kan presteer. Soek gerus vandag iemand om te bemoedig. Laat die HERE jou lei.

🙏🏻 Hemelse VADER, maak my asseblief ń bemoediger eerder as ń mens wat ander kritiseer. Help my om woorde van opbouing en aanmoediging te spreek. Amen.

Tommie Jooste | bron : Ousus

One thought on “Skep ń atmosfeer vir presteer …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s