Die Mier

Wat ‘n ergenis. Die somer is nog nie eers in wording nie en die miere is reeds bedrywig.
Ons dorp sit nou al vir paar jaar met ‘n miere plaag. Almal kla en kerm en sê die dorp is op ‘n miernes gebou, maar ek dink dis landswyd ‘n plaag.

Een Sondag na ete maak ek kombuis skoon. Ek wou die toonbank afvee, daar was letterlik net ‘n druppel of 2 wat ek gemors het met die inskep van kos en sowaar 1 ryskorrel maar die sous druppel was nie meer bruin nie, maar swart en die ryskorrel was ‘n swart bewegende rys korrel.

En ek staan verstom en bekyk die bewegingend ryskorrel. Hy is vinnig op pad na die muur by die toonbank en ek wil nou kyk hoe gaan die ryskorrel die muur uit klim.

Dis so woerts-warts toe is 3 miertjies aan die bokant van die ryskorrel en die res stoot hier van onder af en ‘n paar sekondes later is hulle bo op die venster bank op pad na die gaatjie in die venster raam.

En ek dink, “ja dis nou span werk”.

Spreuke 6:6-9 sê: “luiaard gaan na die miere en word wys.

Ja ek het wys geword, al is hulle ‘n plaag om mee saam te leef, sukkel ek om die miere dood te maak. Ek sal hulle party keer los dat hulle die krummeltjies eers klaar weg dra op die kas voor ek skoon maak.

My les uit die miere is as ons ons Hemelse Vader so kan dien en vir hom werk soos die miere vir hul koninging, dan skiet ek mos ver tekort teen hulle. Ons gebede is partykeer net ‘n kort skiet gebed in die aand as jy gaan slaap en dan raak jy nog in die middel van gebed aan die slaap.

Partykeer is dit dalk vir jou te veel moeite om Sondag op te staan en klaar te maak vir kerk, of vroeg oggend op te staan en Bybelstudie te hou. Met die gejaagde lewe vandag hou ons bitter min huisgodsdiens saam ons kinders. Het ons nog regtig tyd vir God?

Ja as jy in nood verkeer sal jy God aan roep en as dinge nie volgens ons sin verloop nie en teëspoed tref ons, dan kan ons so maklik God verwyt. Hoekom kan ons mense nie saam staan soos die miere nie? Nee ons kyk eerder waar die een die ander kan beskinder, verneder, neer kyk op die ander, besteel, vermoor en tart.

Hoekom kan ons nie ook soos my miertjies saam staan nie? Miere is altyd aan die beweeg op soek na kossie vir hulle koninging. As God dan die miere so gemaak het om met ywer hulle werk te kan doen, hoekom kan ons met verstand, hande en voete nie saam staan en vir onsself, vir ander en die belangrikste van alles vir God te kan werk en leef nie?

Voelgoed – Lalie Kiesling . .

Leave a comment