’n Belofte vir jou

8 … God sal vir jou die krag gee wat jy nodig het om die swaarkry wat Christenskap mag bring, saam met my te kan verdra.

Kry jy swaar omdat jy ’n Christen is? Gaan jy ’n heelwat ligter lewe leef as iemand jou nou sê jy kan jou Christen lidmaatskap bedank? Ervaar jy keer op keer die aanvalle van die duiwel by die werk, in jou besigheid, in jou huwelik, by die skool, omdat ander weet dat jy ’n lewende verhouding met Jesus Christus het?

Ek vat maar baie pak. Ek kan jou baie stories vertel waar ek weet dat die duiwel ’n aanslag op ons maak om te probeer om ons spoed te breek. Verhoudings word kort-kort getoets, sisteme met uitdagings en wat sekere reaksies ontlok, ja, daar’s baie plekke waar die duiwel my kan slaan om my spoed te breek. Nie een van God se kinders gaan moeilikheid en swaarkry misloop nie.

Maar gelukkig is hier ook ’n groot stuk troos: God sal jou krag gee om deur die swaarkry staande te bly. Die belofte is nie dat Hy die swaarkry sal wegneem nie. Nee, Hy sal ons eerder help om daardeur te kom.

God, die Almagtige, sal jou, kleine mensie, help om deur jou swaar te kom! Besef jy watter krag lê in die belofte?

Dalk vrees jy vir jou lewe, dalk sien jy net nie meer uitkomkans nie. Dalk is hierdie probleem al so lank deel van jou lewe dat jy eintlik verwág dat dit môre en oormôre nog daar gaan wees. God sal jou die krag gee om die swaarkry te hanteer. Ek weet dit voel nie altyd so nie, maar vanoggend kom sê God in Sy Woord vir ons elkeen: Jy sál krag ontvang om deur jou swaarkry te kom.

Skep moed, want behalwe die feit dat God bewus is van elke ding in jou lewe, weet ook dat God aan jou die krag sal gee om deur die dag te kom om weer vanaand jou kop neer te lê en vas te slaap.

Stap vandag jou lewe tegemoet met ’n huppel in jou stap, al is daar ’n stuk swaar bagasie wat jy agter jou saamsleep. God is saam met jou in die stryd. Hy is die Een wat jou sal lei en oortuig om die bagasie neer te sit sodat jy genoeg krag sal hê om enduit jou geloof in God se goedheid te behou.

Praat voortdurend met Hom. Vertel Hom van jou probleme. Vra Hom ’n bietjie raad om in elke situasie reg op te tree. Hy is altyd daar vir jou op die berge, maar ook in die dale van jou gemoed.

Teks
2 Timoteus 1:8-12

Dink bietjie hieroor
Waar kry jy swaar?
Glo jy dat God jou krag sal gee?
Bring jy genoeg tyd by Jesus se voete deur?

Gebed
Vader, ek kry swaar. Ek weet nie meer watter kant toe nie. U weet dit. Dankie vir die belofte dat U saam met my stap. Daarom vra ek dat U my sal help om deur vandag se swaar te kom. Wys my die deure wat ek moet oopmaak. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.

Shalom

Gerjo Ben

bron : Ousus

Advertisements

One thought on “’n Belofte vir jou

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s