Wie vertoon jou lewe?

Die sterwe van JESUS dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van JESUS sigbaar kan word in ons liggaam. (📖 2 Korintiërs 4:10 📖)

Vader Kolbe was ń Poolse Katolieke priester wat na Auschwitz gestuur is. In Augustus daardie jaar ontsnap ń gevangene uit hulle bunker. Die kampkommandant het beveel dat tien persone in die ontsnapte se plek moes sterf. Die bunker se lede moes in ń lang ry aantree. Die kommandant het toe sommerso tien aangewys. Een van hulle was ń Poolse sersant. Hy het onbedaarlik begin huil. Toe het vader Kolbe vorentoe getree: “I’m a Catholic priest, let me take his place. He has a wife and children, I am old.”

Hy is saam met die ander in ń ondergrondse kelder gegooi om daar van die honger om te kom. In die tydperk het vader Kolbe die ander nege moed ingepraat en vertroos. Tien dae later is hy die enigste oorlewende. ń Kampdokter het hom met gif ingespuit. Vader Kolbe het op 14 Augustus 1941 as gevangene nommer 16770 gesterf.

Die lewe van CHRISTUS was in die tyd sigbaar in hom. In ń brief aan sy ma skryf hy:
“Moenie bekommerd wees oor my veiligheid of gesondheid nie. GOD se liefde is orals”.

Het jy al gedink hoe jy in moeilike omstandighede, krisisoomblikke optree ~ word JESUS se lewe ook sigbaar in jou?

🙏🏻 HERE JESUS, help my dat U lewe altyd sigbaar in my sal wees. Help my dat U lig helder uit my sal skyn, HERE. Amen.

deur Ernst Endres | bron : Ousus

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s