JESUS sê: “Volg MY”

Sommer net daar het hulle die boot en hulle pa gelos en JESUS se dissipels geword. (📖 Matteus 4:22 📖)

JESUS was ‘n interessante Werkgewer.

HY het nie lang onderhoude gevoer en ‘n skriftelike werksaanbod aan SY dissipels gemaak nie. HY’t nie eers gevra of hulle bereid sou wees om hul huidige beroepe op te offer en of hulle kans sien vir die uitdagings van hul nuwe poste nie.
HY het hulle ook nie gevra om in HOM te gló nie, maar gevra dat HY gevólg sal word.

Duidelik wil GOD nie net hê dat ons in HOM moet glo en op ‘n gerieflikheidsafstand agter HOM moet aanloop nie. Ons VADER vra vir ons – SY moderne dissipels – om HOM onvoorwaardelik te vólg. Ons kan dus nie net ons geloof verklaar en dan in ‘n rusbank-Christen verval wat tevrede is om maar net te ontvang nie. Om ‘n JESUS-volger te wees beteken dat ons bereid sal wees om werklik te doen wat HY van ons vra, te gaan waarheen HY ons roep, die woorde te spreek wat HY op ons harte lê en die dinge te doen wat SY Woord ons leer. Dissipelskap vra dat ons werklik ons geloof sal uitleef op elke plek waar ons kom. Dat ons diensbaar sal wees en ander met ons menswees, gawes en lewensmiddele sal bedien … sonder om iets terug te verwag.

🗣 Vandag sê JESUS vir jou: “Volg MY … onvoorwaardelik.” Wat sal jy HOM antwoord?

🙏🏻 Ja, HERE JESUS, ek wil U met my hele hart volg presies daar waar U my neem, asseblief. Amen.

🕊👣 Şhāłóm 👣🕊

bron : ousus

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s