Stap voor

Ons markeer die pas by ons roeping. Twee stukke terug was die eenvoudige opdrag: Gaan! Go! En die vorige een waarsku ons om nie gemaksugtig een van die verskonings in ons arsenaal uit te haal om weg te kruip vir ons roeping nie.

Nou kom Paulus en maak ’n goeie voorstel: 12. Moenie dat mense op jou neersien omdat jy so jonk is nie. Neem liewer die leiding onder hulle en wys vir hulle hoe ’n Christen moet praat en wat ’n Christen moet doen.

Hierdie sogenaamde negatief of moontlike agterstand as gevolg van sy jong ouderdom, moet hy juis omdraai en gebruik om sy roeping uit te leef.

Een van my tekortkominge is dat ek nie lank en lekker kan onthou nie. Dit was erg toe ek besef dat ek ’n minuut of twee gelede iets uit God se Woord gelees het, maar dan nie veel daarvan onthou nie. Toe begin ek om dit wat ek lees, neer te skryf. Vandag gebruik God hierdie “tekortkoming” om Sy Woord in gewone woorde by ander uit te kry. Soli Deo Gloria.

Sien jy dat God met krom stokke reguit houe kan slaan? Besef jy dat God ook vir jou wil gebruik net soos jy is? Jy is die go to persoon vir God – net daar waar jy nou is. En Hy wil dáár ’n verskil maak deur jou te gebruik. God wil so graag ’n impak maak by daardie mense met wie jy skouers skuur. Hy soek net ’n voertuig soos jy! Jy is daai krom stok met wie God ’n reguit hou wil slaan!

Ek wonder sommer so by myself wat moet ek nog hier neerskryf sodat jy die boodskap sal hoor en deel maak van jouself? Ag, toe man, aanvaar nou die uitdaging.

Dis nie moeilik nie.

En weet jy wat? Jy hoef nie ’n graad in teologie te hê of ’n paar Bybelkursusse op jou kerfstok nie. Jy hoef nog minder geleerde woorde in jou kop of mond te hê soos vir ’n debatskompetisie. Nee, jy moet net begin om jou woorde en dade in lyn met Jesus s’n te kry.

Woorde: Dis maklik om reg te praat as alles mooi loop, maar sodra die bloed begin kook … wat glip dan by ons mond uit? As ons skrik, wat sê ons? As ander skinder, glip ons agter hulle aan?

Dade: Ek vermoed ons dade trek die heeltyd skeef, omdat die eie ek in die pad staan. Ons doen alles ter wille van onsself en dinges die res. En daai is nogal nie hoe Jesus opgetree het nie.

Ons almal het timmerwerk nodig. Ons moet bewustelik begin kyk wat uit ons mond borrel. Ons moet konsentreer om, wanneer die dinge nie altyd volgens ons wíl loop nie, ekstra seker te maak dat daar nie verkeerde woorde uitglip nie. Ons moet seker maak dat ons nie saampraat met negatiewe praatjies van ander nie. Ons moet seker maak dat ons juis positief is en dat ons woorde vrede bring. (Lees die laaste sin weer, want dis eintlik ’n swaar sin.)

Nou vir die volgende uitdaging: Wys vir die mense rondom jou hoe lyk die dade van ’n kind van God. Ons dade is anders as die wêreld s’n. Ons soek gedurig plekke om goed te doen. Ons vra nie wat kry ons uit die deal nie. Inteendeel – ons vra eintlik waar kan ek van myself gee. Waar kan ek soos Jesus my lewe aflê vir ’n klomp sondaars (soos ek).

Ten spyte van onsself en ons tekortkominge moet ons voor stap.

Sjoe, dis nie maklik nie, want ons beur die heeltyd na die teenoorgestelde kant. Ons sal moet hande vat met God se Gees, want op ons eie is ons nie in staat om die eenvoudige opdrag uit te leef nie …

Teks

1 Timoteus 4:6-16

Dink bietjie hieroor
Waar roep God jou?
Hoe moet jou woorde lyk?
Hoe moet jou dade lyk?

Gebed
Jesus, so op ’n manier verstaan ek dat U my roep om daar waar ek loop U woorde te spreek en U dade te doen. Uit ondervinding weet ek egter dat dit nie natuurlik vir my kom nie. Ek het U Gees so nodig om my te help. Amen.

Shalom

Gerjo Ben

bron : Ousus

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s