Mag jy bly wees oor jou “ja”!

Seëninge

Toe sê Debora vir Barak: “Maak jou reg! Vandag gee die HERE Sisera in jou mag oor, want die HERE self trek voor jou uit!”  📖 Rigters 4:14 📖

Ek is so bly die HERE werk nie net met groot helde super~intelligente & uitsonderlike talentvolle mense nie. Want dan sou die woorde in hierdie en ander dagboeke nooit moontlik gewees het nie. Maar toe kies die HERE ‘n gebroke vrou om duisende ander vroue deur SÝ woorde te inspireer. Toe kies HY om ~ soos destyds in die Rigters~tydperk ~ breekbare mense wat struikel en val in SY diens te gebruik. Soos Debora. Nie alleen het sy met haar wysheid ander mense geseën nie, maar het sy ook vir Barak oorreed om met net 10 000 soldate ‘n oormag manskappe van die vyand aan te val.

En natuurlik het GOD ~ omdat dit SY wil was ~ aan SY klein volkie ‘n wonderlike oorwinning gegee.

Moet jouself en die krag van die invloed wat jy deur die werking van die GEES kan hê, nooit onderskat nie. Die waarheid is dat ons VADER elkeen van ons ~ hoe feilbaar ook al ~ kragdadig kan en wil gebruik.

🗣 Jy kan in een of duisend mense se lewens ‘n wonderlike verskil maak.
Mag jy onder alle omstandighede “ja” sê as HY jou roep en mag jy self op ‘n dag sê: “Ek is so bly die HERE roep mý!”

🙏🏻 Ek hardloop soms weg as U my roep. Vandag sê ek: “Hier is ek, HERE. Gebruik my. Net soos ek is, asseblief … Amen.

🕊🦢👰🏼 Şhāĺőm 👰🏼🦢🕊

Milanie Vosloo | bron: Ousus

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s