Die Ark.

Ek het altyd gedink dat Noag veilig in die ark was omdat hy dit gebou het volgens God se spesifikasies. Ek het gedink miskien was dit die sterkte van die gofer hout en die geniale argitektuur wat verseker het dat die vloedwaters verhoed was om die ark binne te stroom.

Maar gister het ek ñ teksvers raak gelees wat ñ heeltemal nuwe lig daarop gewerp het.
Luister wat sê die skrif in Genesis 7:16~ ”En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit.
Luister baie mooi, Noag het die ark gebou maar dit was God Homself wat dit toegesluit het. In ander vertalings sê dit God het hulle ingeseël. Hy het die ark verseël sodat die vloedwaters nie by Sy kinders kon kom nie.

Mag die God wat ek dien jou inseël in Sy ark van beskerming sodat die stormwaters jou nie kan bereik nie. Dis nie die feit dat jy saans jou deure sluit wat jou veiligheid verseker nie. Dis nie jou goeie bestuurs vernuf wat jou veilig hou op ons land se paaie nie.
Dis ook nie te danke aan jou gesonde eetgewoontes dat jy goeie gesondheid geniet nie …
Nee … nee… nee, dis slegs die feit dat God jou ingeseël het wat verhoed dat die vyand jou kan bykom.

Die ark was deur amateurs gebou … Die Titanic was deur hoogs gekwalifiseerde vakmanne gebou … Die ark was veilig die Titanic het gesink …

Dis nie jou kwalifikasies wat jou ñ sukses maak in God se oë nie, dis jou gewilligheid en jou gehoorsaamheid wat gee dat Hy jou inseël teen gevare.

🕊🙏🏻🕊

Advertisements

One thought on “Die Ark.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s