Nie hoe jy lyk nie, maar wat jy doen

Hare wat ’n fortuin kos, duur klere, goud en pêrels is nou nie juis iets wat Paulus se oog gevang het nie. Inteendeel – hy het nie gedink dat dit enige bydrae lewer tot ’n vrou se waarde nie. Hy het ook geglo dat dit beslis geen rede is waarom ’n vrou bewonder moet word nie.

Nee, Paulus het ’n ander idee van ’n vrou wat die Here dien. Hy sê: “10. Vroue wat geen geheim daarvan maak dat hulle die Here dien nie, moet hulle lewe eerder versier met al die goeie dinge wat hulle vir ander mense doen. Dit maak hulle baie mooier as wat duur klere of mooi juwele dit ooit kan doen.

En dit geld natuurlik vir ons mans ook. Dis nie die goeters wat ons om ons nek dra of die perfek gesnyde hare of mooi skoene of klere wat ons dra wat mense na ons moet aantrek nie, maar eerder ons dade. Wanneer mense saam met ons in ’n selfie wil wees, wanneer mense oor ons praat en skryf, moet dit wees oor wat ons doen en nie oor hoe ons lyk nie.

Dink ’n bietjie terug oor jou eie lewe. Watter mense onthou jy? Watter mense het jou so beïndruk dat jy eintlik soos hulle deur die lewe wil loop? Sulke mense is gewoonlik mense wat iets vir jou gedoen het en wat ’n daadwerklike verskil in jou lewe gemaak het. Hoe hulle gelyk het en wat hulle gedra het, kan jy heel waarskynlik nie meer onthou nie, want dit het nie daaroor gegaan nie.

By Corné leer ons van doen:

Jare gelede, toe ek nog in die aktiewe burgermag was, het ons eenkeer ’n twee maande grenskamp gedoen op Ondangwa bo in Namibië.

Ons offisiersmenasie was goed beplak met skamel geklede meisies en daar was die gebruiklike kommentaar daar rondom met etenstye.

Tot ek dit eendag nie meer kon hou nie het ek (as ’n junior offisier) die kommandant aangevat.

Ek vra hom toe: “Commandant, if one of these girls would have been your wife or daughter, would you be happy to discuss her in the way that you are discussing these girls? Would you be happy to have her picture posted on a wall at an officer’s mess for everyone to enjoy and to marvel about?”

Daar was ’n paar oomblikke van geskokte stilte. Ek het ’n groot ontploffing verwag, omdat ek dit gewaag het om die bevelvoerder so aan te vat. Maar uiteindelik het hy erken dat dit ’n verkeerde ding was om te doen, en opdrag gegee dat die prente verwyder moet word.

’n Paar dae later kom een van my mede-offisiere na my toe en erken dat my opmerking sy oë ook oopgemaak het en dat hy van nou af sy lewe gaan verander.

Die kans dat die manne na al die jare vir Corné sal onthou of hoe hy gelyk het en wat hy altyd om sy nek gedra het, is nie baie goed nie. Baie sal egter onthou van die outjie wat opgestaan het vir onreg en die bevelvoerder wat hom gelyk gegee het.

Daar is niks fout met goed versorgde hare, mooi klere en juweliersware nie, maar kom ons maak seker dat dit nie die maatstaf is waarvolgens ons onsself en ander meet nie, maar laat ons dade harder praat as hoe ons lyk.

Teks

1 Timoteus 2:8-15

Dink bietjie hieroor

Wat is vir jou belangrik?
Waarvoor sal jy eendag onthou wil word?
Waar kan jy gaan doen?

Gebed

Vader, hoe maklik verval ons nie in die verkeerde dinge nie. Hoe maklik dink ons dit gaan oor hoe ons lyk eerder as wat ons doen. Help ons om plekke te soek waar ons ’n verskil kan maak en laat ons juis daarvoor onthou word eerder as hoe ons gelyk en wat ons gehad het. Amen.

Shalom

Gerjo Ben

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s