Al wat ek is is net genade

Lot se vrou … sy het nie eens ñ naam nie, maar tog ken die meeste mense haar. Sy is die vrou wat nie wou luister nie, tenspyte van. Die vrou wat nog net eenkeer wou terugkyk na ñ lewe wat eens hare was. Die nuuskierige vrou, die soutpillar vrou.

Tog is sout goed, so wat moet ek leer uit mev. Lot se terugkyk? My maag maak so draai as ek dink aan al my terugkyk, my omkyk na dit wat eens was. Hoeveel ure ek spandeer aan “as ek maar net”. Spyt kom mos maar so laat.

Ek dink aan Lot wat sy vrou so sien versteen het, sy dogters wat seker toe oë net voort gehardloop het. Is daar nie ook maar oral om ons mense wat versteen sit in hulle eie omkyk na dit wat was nie? Wat so vasgevang is in dinge van die verlede dat niks meer saak maak nie.

Ek het die voorreg gehad om Lot se vrou se staproete daar in die Cederberge te gaan besoek. En daar sit sy in steen gevorm. In my het ñ hartseer kom lê want die mev Lot kniel en vir my lyk dit of sy bid.

Hoe aangrypend is die natuur, alles deur God gemaak vir ons om te aanskou. Orals ñ les te leer.

Versteende mev. Lot se les aan my, “moenie versteen in dit wat jy glo reg is, in jou eie wêreld so vasgevang word dat jou hart verhard nie. Dat jy net bid maar geen hand het vir ander se nood nie. Ja bid is reg, en die beste maar bid, so voel ek, moet ook warmte hê van daadwerklik iets doen.

Maklik sê ons ek bid vir jou. Niks verkeerd met dit. Maar volg ons op, is jy okay, hoe kan ek help? Ek staan soms op my knieë en as ek daar opstaan dink ek nie eens meer oor wat ek daar gebid het nie. Soms bid ek met ñ koue harde hart, soms bid ek uit gewoonte.
Soms raak ek aan die slaap so bid bid.

Mev Lot jy het net die een kans gehad ~ vanaand se ek dankie vir 2de, 3de en 10de kanse.
Ek sê dankie dat ek by jou kon leer, dankie vir elke lewensles. Maar die trane loop as ek net weer besef hoe ongelooflik genade is. Ek kan net weer se:

“al wat ek is is net genade”.
🙏🏻🕊🙏🏻

bron : Ousus

2 thoughts on “Al wat ek is is net genade

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s