Die Gees Hou Ons Veilig

In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.—Efesiërs 1:13-14

God se grootste begeerte vir Sy mense is dat hulle veilig sal voel in Sy liefde en krag. Al die ander goed in die lewe mag onstabiel wees—ons gesondheid, ons gesin, ons werk, ons opvoeding, ons gemeenskap, ons wêreld. Op enige van hierdie vlakke mag jy voel dat jy op die veertigste verdieping van ‘n hoë gebou staan terwyl ‘n rukwind waai. Jy voel dat jy besig is om balans te verloor en gaan val, en elke baksteen waaraan jy wil vashou kom los.

God is passievol daaroor om mense te hê wat Syne is en wat vir ewig tot Sy eer sal lewe. Hy sal nie toelaat dat ons ewige tuiste afhanklik is van ons krag of eie toedoen nie. Hy gee opdrag aan die Heilige Gees om in ons te woon en ons vir ewig veilig te hou.

God stuur die Heilige Gees as ‘n seël om ons geloof vir ewig te behou, as ‘n oorspronklike seël om ons as Sy kinders te bevestig en as ‘n beskermende seël om vernietigende kragte te keer. God wil hê dat ons veilig voel in Sy liefde en krag.

In Efesiêrs 1:14 sê God: “My grootste begeerte vir dié wat in my glo, is dat hulle veilig sal voel in my liefde. Voor die aarde gemaak is, het ek julle gekies. Ek het dit vooruitbestem dat julle vir ewig my volk sal wees. Ek het julle verlos deur die bloed van My Seun. Ek het My Gees in julle geplaas as ‘n seël en ‘n waarborg. Daarom sal julle die erfenis ontvang en my grootheid vir altyd prys.

En Ek sê dit vir julle hier in Efesiërs 1, omdat Ek wil hê dat julle veilig sal voel in my liefde en krag. Ek belowe nie ‘n maklike lewe nie. Julle moet deur baie verdrukkings gaan voordat julle in My koninkryk in gaan. (Handelinge 14:22) Kom Ek sê dit weer: Ek het julle gekies. Ek het vooruit besluit om julle te kies; Ek het julle verlos; Ek het julle geseël met my Gees. Julle erfenis is verseker, omdat Ek daartoe verbind is om My eer groot te maak deur my genade en redding.

bron : Ousus

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s