GOD kyk verby jou CV

 

✍🏻 Milanie Vosloo ✍🏻 | bron : Ousus

En JESUS sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.” – 📖 Lukas 7:50 📖

Ons VADER se liefde is algeheel~omvattend. Hier op aarde het JESUS op soveel maniere vir ons kom wys dat HY by uitstek ń Genade~GOD vir sondaars, verloorders, swakkes en siekes was. Die mense wat deur die “slim” godsdienstige leiers verwerp is, het SY vriende geword; onaansienlikes en gewone mense was SY dissipels; hulle wat te swak was om self te loop het HY met een woord opgehef en diegene wat so siek was dat ander nie eens naby hulle wou kom nie, het HY in SY groot teerheid omvou.

So vertel Lukas vir ons hoe die godsdienstige leiers letterlik van verontwaardiging gestik het omdat JESUS toegelaat het dat ń prostituut SY voete met olie salf. En hoe hierdie SEUN van GOD eenvoudig die vrou in SY liefde toevou met die woorde: “Jou sondes is vergewe.” (7:48). JESUS se genadeliefde vra nie eers hoe jou CV lyk, watter beroep jy beoefen en hoe gereeld jy kerk toe gaan nie. By HOM is sondaars, onaansienlikes, mense uit alle vlakke van die samelewing welkom.

Al wat HY vra, is: “Hoe lyk die CV van jou hart?” Staan daarin geskrywe:
“Ek glo onwrikbaar in JESUS CHRISTUS as my VERLOSSER en ek het HOM met my hele hart lief”?

Sê vandag (weer): JESUS, dankie dat U my REDDER is … en dat U altyd by my is.

🙏🏻 Dankie dat daar reeds op U tempelpoorte vir my geskrywe staan: “Welkom MY kind.”
Amen.

🕊 Şhåļøm 🕊

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s