Weier om die verlede te blameer …

🖊 Milanie Vosloo 🖊 | bron : Ousus

Die HERE is getrou! HY sal julle sterk maak en van die bose bewaar. – 📖 2 Tess. 3:3 📖

Hy was soos hy self sê, so ń “negejarige maergatjie” toe hy moes toekyk hoe ń plakkershut afbrand. “Die brandweer het te laat gekom. “Ek kon ruik hoe daai mense binne-in doodbrand! Toe sweer ek by myself: Derick Peterson, eendag as jy groot is, gaan jy van die wêreld ń beter plek maak.” En hy hét!

Toe die onderwysdepartement vir hom vra of hy sou kans sien om die swakste skool in die Wes-Kaap reg te ruk, het hy die uitdaging met oop arms aangeneem. Met dieselfde personeel en bronne verander hy binne twee jaar die slaagsyfer van 27% tot 96,3%!
ń Prestasie wat hom die nasionale prys as die beste skoolhoof besorg.

Derick kon kiés: om bitter en onvergenoegd deur die lewe te gaan of om met begrip, deernis en posiwiteit ń verskil te maak aan ander se lewens. Hy kies om nie sy verlede te blameer nie, maar om daaruit energie te haal vir die toekoms. Hy kies léwe!

🗣 Kom ons onthou net weer: Wát met ons gebeur, is nie naastenby so belangrik soos wat ons daarmee maak nie. Kom ons kiés om vandag ~ elke dag ~ te fokus op dit wat wél goed én reg is. Om die béste te maak van elke situasie!

🙏🏻 HERE, ek wil nie ń klakous wees nie. Ek wil ń verskilmaker wees ~ ongeag!
Amen.

🕊🍃 Śhąļøm 🍃🕊

Advertisements

One thought on “Weier om die verlede te blameer …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s